die courant

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 179

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

27 Junie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Alwyn Vintcent maak Swartlandse draai Jong spoedvraat op eie bodem

Die laaste sleepstoomboot wat in Suid-Afrikaanse waters gevaar het, die Alwyn Vintcent, kom gister per abnormale swaarvragmotors - een wat voor trek en een wat agter stoot - by die Hopefieldpad se aansluiting op die N7 by Malmesbury aan. Die boot is vanaf die Kaapse hawe op pad na Villiersdorp, waar dit vandag of môre verwag word. Op die foto regs kom die optog Maandag by die Malmesbury-afrit op die Weskuspad by Yzerfontein aan. Villiersdorp se Trekker- en Enjinklub het haar teen R20 000 aangekoop. Die vervoerkoste daarheen beloop egter ‘n halfmiljoen rand. Daar sal oor die volgende paar jaar, na herstelwerk, besluit word wat met die boot gedoen gaan word, het Eniel Viljoen, klubvoorsitter, gesê. Moontlikhede wat reeds genoem is, is dat dit in ‘n padstal omskep word, of vir plesiervaarte op die Theewaterskloofdam as ‘n dieselaangedrewe vaartuig aangewend word.

Planne om nuwe kampus te bou Die Weskus Kollege op Malmesbury behoort binnekort sy eie kampus te kry, sodat al die dosente, administratiewe personeel en elk van die huidige 500 voltydse studente daar geakkommodeer kan word. “Tans word die huidige kampus in vyf lokale regoor die dorp gehuisves,” het Gert Witbooi, die woordvoerder van die Malmesbury-kampus, Maandag gesê. Dié 10-jaar oue kampus streef al vir die afgelope ses jaar daarna om al die lokale en studente in een sentrum te huisves, “maar praktiese oorwegings en burokrasie was gereeld die struikelblok.”

Volgens die konsultant vir die projek om die nuwe kampus hier te bou, is ‘n terrein en ‘n argitek vir die beoogde gebou reeds geïdentifiseer, maar onderhandelinge oor die aankoop daarvan is nog aan die gang. Weens die sensitiewe aard van die onderhandelinge, wou die konsultant geensins uitbrei oor die ligging van dié perseel nie. “Die voordele van ‘n sentrale kampus is dat dit beter bestuur en beter dissipline moontlik sal maak,” het Witbooi gesê. Die studente kan ook baat by ‘n onderdakkafeteria en ruskamers. Die Malmesbury-kampus

Swartland Rugbyforum gestig bl. 16

Fotoblad van groot aand by HSS bl. 5

van die Weskus Kollege is saam met die Citrusdalkampus die vierde grootste kampus. Die Atlantiskampus is die grootste, met Vredenburg die naasgrootste, gevolg deur Vredendal. Daar is nog geen formele aanduiding van die koste van só ‘n gebou nie, maar Witbooi het aangedui dat die Vredenburg-kampus, wat ook ingenieursrigtings aanbied, R30 miljoen gekos het om te bou. “Die aankoopprys van die perseel sal natuurlik ‘n rol speel in die uiteindelike koste,” het Witbooi gesê. Die beoogde nuwe kampus sal ruimte bied vir tot 800 studente.

Koshuise smelt saam bl 3

Vorige terreine wat as opsies beskou was, sluit Huis Landman van Laerskool Swartland en die area rondom die Herehuis in Loedolfstraat op Malmesbury in. Nie een van hierdie moontlikhede het egter gerealiseer nie. Oor die beoogde Malmesbury-kampus, stem Johannes Steenkamp, direkteur van ontwikkelingsdienste by die SM, saam dat dit absoluut noodsaaklik geraak het. “Die SM sal alles binne sy vermoë doen om die Weskus Kollege hierin te steun, want ‘n sentrale kampus sal net soveel meer moontlikhede aan die studente kan bied.”

voet in die hoek met Toyota se FJ Cruiser - bl 6


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.