Die courant 27 november

Page 1

courant

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

Gee hoop dié Kersfees

swartland en weskus Uitgawe 250

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

27 November 2013

Kook-Derby by Riebeek-Kasteel

tel: 022 487 3221

Gaan snoekrekord vanjaar spat?

‘Santa’ verbly kinderharte met hul Skoenbokse Ruststasie Primêr:

Jennike Alkaster, Ricarda Afrikaner en Cornelia Jantjies, leerders van Ruststasie Primêr, nagenoeg 20 km buite Malmesbury, kyk grootoog na hul vroeë Kersgeskenke. Santa Shoebox-inisiatiewe probeer om alle kinders wat dit benodig, se harte te verbly met Kersfees en hierdie doel is beslis verlede week bereik by Ruststasie Primêr. Die meeste skole is reeds besig met hul eindeksamens, dus begin die Kers-stemming al sterker posvat onder die jongklomp.

•Beswaar teen ontginning nou ingewag

Kalkmyn kruip nader

Die Swartlanders wat kommentaar wil lewer op die beoogde ontginning van kalksteen op nagenoeg agt plase in die streek, moet dit teen einde aanstaande week inhandig. Openbare inligtingsvergaderings oor die beoogde vestiging van kalksteenmyne is reeds in Junie vanjaar gehou in die Riebeek-Wesstadsaal, Moorreesburg-stadsaal, asook op Piketberg. Prospekteerregte is geruime tyd gelede reeds deur die streekbestuurder vir mineraalregulering in die Wes-Kaap toegeken aan die maatskappy Gondwana Exploration and Mining, wat hom tans beywer om ook mynregte te bekom kragtens die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum-Bronne van 2002 op die terreine naby Riebeek-Wes, Moorreesburg en Piketberg. Die maatskappy Osho Ventures van Johannesburg fasiliteer die huidige proses vir Gon­ dwana Exploration and Mining. Die Swartlandse plase waarop prospekteerregte toegeken is, is luidens inligting wat deur Osho Ventures verskaf is, Vondeling 212, Zwart-

fontein 414, Zwartfontein 416, Plaas 1066, Allesverloren 642, Weltevreden 497, Middelpos 696, Knolfontein 696, Plaas 640 en De Nieuwe Gift 968. Dit is egter moontlik dat van die grond onder ander plaasname in die omgang bekend is. In die gemeenskap word ekonomiese beleggings enersyds verwelkom, maar andersyds is daar vrese dat die vestiging van kalksteenmyne die waterbronne kan uitput, die natuurskoon van die Swartland geleidelik kan aftakel, en gevolglik boonop eiendomspryse kan laat daal. Op Moorreesburg se inligtingsvergadering vroeër vanjaar is ‘n voorbeeld genoem van ‘n titaanmyn in die omgewing wat daartoe gelei het dat die boorgate in die omgewing leeggetrek is. Danielle Welgemoed, destydse assistantprojekbestuurder van Osho Ventures, het ten tyde van die inligtingsvergaderings aan die courant gesê daar sal minstens 40 werkgeleenthede in die Swartland geskep word indien mynregte later aan Gondwana toegeken word. Luidens ‘n e-pos van Trevor Jefferies, ‘n myn-

ingenieur van Osho Ventures, moet kommentaar en besware op die aansoek om kalksteenprospekteerregte teen Vrydag 6 Desember ingehandig word. Sy kontakinligting in Midrand, Johannesburg is trevorj@oshoventures.com of 011 318 0922 (faks) of 011 653 1740 (telefoon). Kommentaar en besware moet versend word na Pumla Mntuyedwa in Kaapstad by pumla.mntuyedwa@dmr.gov.za of 021 427 1046 (faks) of 021 427 1037 (telefoon) en haar adres is Privaatsak X09, Roggebaai, Kaapstad 8012, hoek van Laer-Burg en Riebeeckstraat, 9 Attebury, 8012 Die omgewingsbestuursplan, waarin potensiële omgewingstoornisse soos skade aan die plantegroei, boorwerk, skade aan die paaie, stof en geraas behandel word, kan by http://filegooi.co.za/get2/5e196518eb85 8e351224050329802382/DRAFTEMPGONDWANARIEBEEKWESTWC30511210193PR.pdf nagegaan word. Net matige, maar geen ernstige omgewingsimpak hoef gevrees te word nie, luidens die plan.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 27 november by DieCourant - Issuu