courant swartland en weskus
tel: 022 487 3221
Uitgawe 237
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
28 Augustus 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Skoutyd!
Pronk op Porterville:
‘n Perd is darem ‘n mooi dier. Maar nie so mooi soos twee mooies wat perfek sinkroniseer nie. Marius Kemp en sy Vlaamperde het Saterdag hul kampioenskapsklas gewen op Porterville se jaarlikse skou wat vanjaar saamgeval het met dié dorp se 150-jaar fees. Dit is nou skoutyd in die Swartland met die Swartland Skou op Moorreesburg wat van 4 tot 7 September plaasvind en die skou op Malmesbury van 3 tot 5 Oktober.
•Swartlander na sa-groep opgeroep
Juwell by Blitsbokke
Die Swartlander Juwell Samuels het hom gister vir ‘n sesweek-lange oefenkamp by die nasionale sewesrugbygroep, die Blitsbokke, op Stellenbosch aangesluit. Die 26-jarige skrumskakel van die rugbyklub Never Despair op Malmesbury, is op 1 Junie 1987 op Darling gebore, waar hy ook in Vooruitsig Primêr was, voordat hy aan Wesbank Sekondêr gematrikuleer het. Daarna het hy vir Boland se o.19-span in 2006, vir die o.21-span (2007 en 2008) en reeds in 8 wedstryde vir die Boland Kavaliers diens verrig. Hy het ook in 2010 vir die Universiteit van Johannesburg Varsitybekerrugby gaan speel. Hy het volgens Sport24 verlede jaar vir die Blitsbokke se B-span, bekend as die Vipers, uitgedraf, waar sy sewesvaardighede reeds begin slyp is. Samuels (1,65 cm en 68 kg), speel die laaste
twee seisoene sy klubrugby by Never Despair. Volgens die klub se afrigter, Hilton Adonis, het Samuels (op foto hiernaas) baie goeie leiers eienskappe. ‘’Hy was deel van die leierskorps in ons span en is ‘n aboluut toegewyde speler. Een van sy belangrikste karaktereienskappe is dat hy ‘n vegter is vir dit wat hy wil hê in die lewe. Hy werk regtig hard en speel ‘n groot rol om ander te inspireer met dit wat hy doen. Hy is die tipe outjie wat lei deur sy voorbeeld. ‘’Hy is nie groot van postuur nie, maar hy het ‘n baie groot hart. Dis ‘n belangrike eienskap van hom. Op die veld is hy altyd prominent met sy dekverdediging. In Engels noem hulle dit ‘n ‘sweeper’. Hy het ‘n vermoë soos min ander om te kan ‘sweep’. “Ek dink hulle soek nogal iemand om nou daardie rol by die Blitsbokke te speel. Dit is danksy sy groot vaart en spoed na die breekpunte.
Hy kan ‘ n wedstrydsituasie blitsig opsom en is geweldig vinnig oor die veld,’’ het Adonis gesê. Suid-Afrika se sewesrugbyspan beklee meestal, maar afwisselend met Fidji, die tweede plek op die wêreldranglys, naas Nieu-Seeland.