courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
dié
1
2 Desember 2015
Uitgawe 349
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Kom veilig daar:
Die wetstoepassers van die plaaslike owerheid het gister amptelik hul veiligheidsprogram vir die komende feesseisoen bekendgestel. Raadslede het saam met die manne van die gereg by die weegbrug op die N7 buite Moorreesburg aan ‘n padblokkade deelgeneem. 'n Totaal van 265 voertuie is gister afgetrek en 160 trokke is geweeg vanaf tussen 09:00 en 14:00. Boetes van ongeveer R25 000 is uitgereik en 27 sake is afgehandel. Foto's: Ghida Visser
• waardasielyste nou oop vir kommentaar
‘Mark basis vir rol’
Grondeienaars in die Swartland het onlangs die nuwe voorgestelde waardasie van hul eiendom per pos ontvang en het tot 18 Desember om kommentaar hierop te lewer. Markverkope oor die afgelope vier jaar, sedert die vorige algemene waardasie in 2011, was kardinaal met die vasstelling hiervan. Daar is ook nou gelet op veral die afgelope 18 maande se verkope in die eiendomsmark. Volgens Johan Steenkamp, direkteur van ontwikkelingsdienste van die Swartland Munisipaliteit, bly die basis van die waardasie-proses altyd markwaarde - wat is die prys wat ‘n gewillige verkoper bereid is om van ‘n gewillige koper te aanvaar vir sy eiendom. Enige verandering wat op die eiendom aangebring is sedert die vorige waardasie, soos sloping van 'n gebou, aanbouings of selfs die oprigting van nuwe geboue, is ook in aanmerking geneem.
"Vir sake- en nywerheidseiendomme geld dieselfde maatreëls, maar word die huur-inkomste van die betrokke eiendomme in ag geneem," verduidelik Steenkamp. Die veldwerk vir hierdie proses het reeds op 1 Julie 2014 begin. Die implementeringsdatum van die nuwe belastingrolle en -koers is I Julie 2016. Die volledige waardasierol is by die munisipale kantore beskikbaar vir insae. "Ná hierdie tydperk het die Waardeerders geleentheid om te reageer op die besware en kan ‘n beswaarmaker dan die uitkoms hiervan aanvaar of kan hulle kan dan appèl aanteken teen hul waardasie. "Hierdie appèl word dan deur ‘n Waardasie Appèlraad, wie se lede deur die Raad en die Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning aangestel word, hanteer tydens ‘n for-
mele Appèlraad-sitting," sê Steenkamp. Landbou-eiendomme se waardasie verskil, deurdat die betrokke wetgewing die Raad verplig om ‘n minimum persentasie rabat op die belastingkoers aan hulle toe te staan. Volgens Steenkamp mag die nuwe waardasierol vir 'n maksimum van vyf jaar geldig bly. Die afsnytyd vir kommentaar is op 18 Desember om 15:00 en moet by die Munisipale Bestuurder ingedien word. ‘n Beswaar moet verwys na ‘n spesifieke eiendom en nie na die waardasierol in die geheel nie. Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van ‘n beswaar is beskikbaar by die onderskeie munisipale kantore of op die munisipaliteit se webblad by www.swartland.org.za/…/ en…/documents/valuation-roll-2015.php. Enige navrae kan gerig word aan Hermaine van der Sluys of Elaine Openshaw by 022 487 9400.
NUUS • NEWS
2 Desember 2015