courant
dié Gratis • Free
swartland en weskus Uitgawe 278
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
hugenotestraat 24, malmesbury
2 Julie 2014
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Skapie mêêê...
‘n Skaap, ‘n eindstreep en ‘n wenner ... Hierdie groep van vyf île-deFrance-lammers wat op ‘n plaas buite Malmesbury gebore is, is deur hul ma verwerp en het hul pad gevind tot Doran Vineyard in die Voor-Paardeberg. Hulle neem nou gereeld deel aan skaap-resies oor 80m om fondse in te samel vir die DBV. Basson Potgieter, breier van die ren-skape en plaasbestuurder, was in sy noppies met veral die laaste resies waar Sid die skaap van agter die kompetisie verbygehardloop het om te wen. Sy makkers se name is Rambo, Lucky (links), Séan en Alice. Foto: Nico Degenaar
•oud-rockie is die nuwe eienaar
St. Jan-losie verkoop Ná maande se bespiegeling en onderhandeling is die toekoms van die Vrymesselaarslosie op Malmesbury nou bekend. Die St Jan-losie beslaan ongeveer 320 vierkante meter en is een van die min geboue in die oorspronklike Victoriaanse styl wat nog op die dorp te sien is, hoewel die klassieke invloede reeds hier sigbaar is. Die nuwe eienaar, Johann Treurnicht, is ‘n boorling van die Swartland en het op Mal mesbury skool gegaan. Sy pa, ds. Nic Treurnicht, was predikant op Riebeek-Kasteel en Malmesbury. Treurnicht is ‘n regsgeleerde en was 25 jaar verbonde aan Sanlam. Hy en sy gesin woon in Durbanville. Treurnicht sê hy het nie ‘n spesifieke doel gehad met die aankoop van die gebou nie. “Ek voel dit is eintlik die staat se plig om na die instandhouding van ons ou geboue te kyk. “Maar dit gaan nie gebeur nie en daarom moet ons maar probeer om sover moontlik die geboue instand te hou.” Hy het bygevoeg dat dit
altyd belangrik is dat dit op ‘n ekonomies haalbare wyse gedoen moet word. “Die losie is ‘n pragtige gebou en ek sal graag die sigwaarde wil verhoog. ‘n Mens moet mooi dink: dit is die soort van plek wat ons kan inrig om ‘n stukkie van Malmesbury en selfs die groter Swartland te kan uitbeeld.” Hy wou nie die bedrag bekend maak nie, maar gesê hy het vir ‘n markverwante bedrag gekoop. Op die oomblik is daar twee prosesse aan die gang. In die eerste plek is die Vrymesselaars besig om meubelment en ander waardevolle artikels te verwyder. Daar is ooreengekom dat dit moet gebeur sonder om skade aan die gebou aan te rig of die atmosfeer te versteur. Terselfdertyd het Treurnicht steierwerk opgesit om herstelwerk aan die gebou te doen. “Ons wil verdere skade verhoed. Die dak moet herstel word en die gewel tussen die twee geboue het ook aandag nodig.” Treurnicht sê die Vrymesselaars was ge-
durende die onderhandelinge duidelik daaroor dat die bewaring van die gebou baie belangrik is vir hulle. “Hulle gesindheid is dat hulle ‘n lang verbintenis met die dorp het en graag ‘n goeie verhouding wil behou.” Die Vrymesselaars het hul laaste vergadering in Mei vanjaar in die losie gehou. Die losie, St Jan, is op 16 Augustus 1866 gestig en is in die gebou van BJ Croeser gehuisves. Ná Croeser se dood is die gebou bekom en is toe vergroot en verander na behoefte. Op 26 Julie 1871 is die nuwe tempel in gebruik geneem en 22 nuwe lede is ook by die geleentheid ingehuldig. In 1905 het die tornado wat vele geboue op Malmesbury verwoes het, ook dié gebou ernstig beskadig, maar dit is in 1907 weer in gebruik geneem. Die Swartlandse lede het met die tyd al minder geword en later het lede uit die Kaap en Strand moes ry vir vergaderings. Die losie smelt nou saam met die drie bestaandes in die Paarl. Waardevolle meubels en artikels is verlede naweek reeds daarheen geneem.
2 Julie 2014