die courant 2 November 2011 148

Page 1

courant

gratis

tel 022 487 3221

Uitgawe 148

die

swartland en weskus

2 November 2011

• Kersfees vir Kinders met die courant en Spar

hugenotestraat 11, malmesbur y

• Planne vir ou vervalle skool op Riebeek vorder

‘Lank Lewe ons Swartland’

“Let’s make it happen”

Ná afloop van ‘n werkswinkel wat die Swartland Munisipaliteit gister met sakelui en belangrike rolspelers gehou het, het burgemeester Tijmen van Essen gesê “ten spyte van die ‘potholes’ is die toekoms rooskleurig as ons besef dat hierdie top-sakelui wat vandag waardevolle insette gelewer het, ook in die toekoms van enorme hulp gaan wees. Let’s make it happen.” Nadat amptenare etlike van die mu- sommige gebiede straks na slegs elke nisipaliteit se onmiddellike en langter- tweede week verminder kan word, myn-uitdagings uitgespel het, is daar in groepe verdeel om na spesifieke kernareas te kyk en moontlike oplossings te help vind. Die direkteur van finansies, Kenny Cooper, het gesê dit is ‘n geweldige uitdaging vir die owerheid en die gemeenskap om toe te sien dat die ondergrondse infrastruktuur van hierdie munsipale area vervang word vir ons nageslag. Hy het gesê die munisipaliteit is beDie koringlanderye kommerd oor of hulle ‘n bekostigbare staan ryp in die Swartrekening aan die inwoners kan lewer, land en op plekke is inaggenome die ekonomie daarbuite. daar selfs koring platMunisipale bestuurder Joggie gesny om uit te droog. Scholtz het gesê Swartland is aan die Regs is Tiaan Walters voorpunt van plaaslike owerhede en (6) op sy ouers, Santahy glo dat Swartland Munisipaliteit Marie en Hennie se een is wat dinge laat gebeur. plaas, De Gunst. “Waar wil ons wees oor 5/10/20/en 100 jaar? “Die Swartland van 2030 word vandag geskep. Die enigste manier om ons toekoms te beheer, is om dit saam te skep.” Van gister se voorstelle het ingesluit dat daar beter kommunikasiemetodes met die publiek moet wees, salarisse van die munisipaliteit (soos nasionaal voorgeskryf ) nie hoër as privaatsektor moet wees nie, vullisverwydering in

Koring nou byna reg vir oes

daar vinniger roetineherstelwerk aan paaie gedoen word om die verval daarvan te vertraag, dat sportklubs en parke die medeverantwoortdelikheid van die gebruikers daarvan word en die las nie net op die skouers van die munisipaliteit rus nie, dat daar met ontwikkeling nie net gekonsentreer word op gebiede met groter groeipotensiaal nie, maar deurlopend gekyk word na die balans tussen die dorpe. Scholtz het gesê die terugvoer van

die publiek is “great” en dat die munisipaliteit dit ter harte neem met die oog op die GOP vir 2012-2017. Raadslid Chris Hunsinger het afgesluit en hulde gebring aan alle rolspelers wat tot dusver bygedra het om die Swartland so ‘n wonderlike plek te maak. Hy het almal teenwoordig bedank en gesê die werkswinkel het gegaan oor die “Swartland van 2020. Ons Swartland. Lank lewe Swartland.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 2 November 2011 148 by DieCourant - Issuu