courant swartland en weskus
Gratis • Free
Uitgawe 242
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
tel: 022 487 3221
Bejaardes in fokus
2 Oktober 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Malmesbury Voet in die hoek met nuwe Almera hou skou Groot swerms:
Kraanvoëltyd
Bloukraanvoëls word die afgelope tyd in groot swerms op die Swartlandse Voëlroete opgemerk. Op die foto is twee op die plaas Nassau naby Malmesbury. Gerald Wingate het die afgelope Donderdag 13 van die pragvoëls naby Kalbaskraal gesien en ‘n rukkie later ‘n swerm van 17 opgemerk. Die Swartland is een van die belangrikste broei-omgewings vir die bloukraanvoël. As jy genoeg geduld het, kan jy vanaf Oktober die aangrypendste paringsdanse by bloukraanvoëls aanskou. Besoek die Swartland Voëlroete se Facebook-blad vir nog inligting. Foto gemanipuleer.
•sM-Bouplanne beïndruk waghond
Rompslomp gesny Die provinsiale eenheid vir die bekamping van rompslomp was só beïndruk met die Swartland Munisipaliteit se plan teen rompslomp, dat hulle dit aangeteken het as ‘n beste praktyk. Die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, en sy kollegas moes verlede week ‘n voorlegging in dié verband doen. Met ‘n inwonertal van 113 762 mense en die elf dorpe waaruit die Swartland Munisipaliteit (SM) bestaan, het die leiers van die SM hulself daartoe verbind om die rompslomp wat ontwikkeling in die streek verlangsaam, hok te slaan. In ‘n studie moes respondente die verskillende dienste van die SM gradeer. Die meeste respondente het gereken die SM se dienste is goed, met die meeste tevrede inwoners op Yzerfontein, gevolg deur Malmesbury en Darling. Verdere resultate het getoon die SM se sterk punte lê in goeie diens by die kantore en goeie lewering van basiese diens, soos die verskaffing van water, elektrisiteit en vullisverwydering. Die dienste wat in navorsing uitgelig is as minder goed, was kommunikasie, stormwater-
stelsels en brandbestrydings- en nooddienste. Aspekte wat aangetoon is as die munisipaliteit se swakste punt, was die rompslomp by die bouplanne en die waardasie van eiendomme. Dit is juis hier waar die SM tot aksie oorgegaan het, omdat die spoedige goedkeuring van bouplanne positiewe ontwikkelingsvoordele inhou. Die oorweging van bouplanne en die voorgeskrewe goedkeuring daarvan binne 30 werksdae was nie goed genoeg vir die SM nie en het die proses ge-outomatiseer. Drie jaar gelede was die goedkeuring van ‘n bouplan gemiddeld 26 kalenderdae. ‘n Jaar later in Julie 2012 was dit gemiddeld 18 en in Julie vanjaar was die gemiddeld 15 kalenderdae. Die SM verbind hom om binne 40 uur ‘n verwysingsnommer aan die applikant te sms nadat ‘n volledige aansoek met betaling ontvang is. Hulle sit twee maal per week om bou-aansoeke te oorweeg. “Die meeste aansoeke kan nou binne 15 kalenderdae goedgekeur word. Dié aansoeke wat verdere verfyning benodig of waar daar uitstaande aspekte is, kry ‘n duidelike
stel riglyne om te verseker dat die aansoek wel spoedig goedgekeur kan word,” het Scholtz gesê. “Dit is ‘n geval van die korrekte gesindheid, wil en deursettingsvermoë, om ‘n goeie diens aan die gemeenskap te lewer, veral ‘n diens wat ‘n bydrae lewer tot die ekonomie. Ek is werklik trots op die direktoraat en die afdeling se personeel wat dit máák werk,” het hy gesê. ‘n Introspeksie is gedoen oor die sterk en swak punte van die munisipaliteit, asook die aspekte wat gemaak het dat die munisipaliteit ‘n gekwalifiseerde ouditverslag in 2005/2006 binne vier jaar kon omdraai in ‘n skoon oudit vir 2010/2011 en 2011/2012 en hopelik 2012/2013. Scholtz skryf dit toe aan “sterk leierskap en goeie plaaslike bestuur, politieke stabiliteit, lae personeel-omset en die zero-toleransie teenoor bedrog en korrupsie. “Ook die afskaffing van prestasiebonusse vir die bestuurspan sover terug as 2006, gesonde arbeidsverhoudinge en ‘n kliëntedienshandves in 2009 is bydraende faktore. Só is ‘n gesonde werkskultuur geskep en gapings uitgewys.”