courant swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
2 September 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 336
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
WEN: Franse Lazarus Ford Swartland aand met Skou om die nou op Helena Hettema draai Malmesbury • Splinternuwe skool op porterville geopen
‘Blink toekoms wink’
Hierdie is nie die sleutel vir die skool nie, dit is die sleutel vir ‘n blink nuwe toekoms. Met hierdie woorde het James Swarts, voorsitter van Willemsvallei Primêr op Porterville, die sleutel vir die nuwe skoolgebou aan die skoolhoof, Sederick Zinck, oorhandig. Die ou blou skoolgebou het moeg en verlate gelyk, terwyl die groep van 1100 leerders Donderdag vroegoggend met die laaste opvoedkun-
de items pad af gestap het, ‘n nuwe toekoms tegemoet. Die meeste van die meubels en toerusting is reeds vooraf per vragmotor vervoer. Die nuwe skoolgebou is reg langs die oue in Loeriestraat in Monte Berta, Porterville, maar daar eindig die ooreenkoms. Die nuwe gebou is op ‘n effense hoogte gebou, met pragtige uitsigte. Dit is ruim, lig, ‘n kinder-vriendelike gebou.
“Dit is ons skool, ons moet daarna kyk en dit na hoër hoogtes neem,” het Zinck gemaan. Hy het in ‘n saal volgepak van leerders en hul ouers gepraat. Besighede, Voorberg Korrektiewe Dienste, die skool se beheerliggaam en ‘n groot getal geestelike leiers was ook teenwoordig. Hierdie was nie die amptelike inwyding van die skool nie, net ‘n ingebruikneming waar die geestelike leiers die toon aangegee het: “Want ons het gebed nodig om ‘n sukses hier te maak”. Pastoor Carolus Pietersen het die leiding geneem en leerders bemoedig: “Dit is nie waarvandaan ek kom nie, dit is waarheen ek gaan wat belangrik is. Van vandag af gaan ek my toekoms bou.” Pastoor Pietersen en sy vrou het ‘n wisseltrofee aan die skool oorhandig wat voortaan aan die leerder wat die meeste vordering toon, toegeken sal word. ‘n Moontlike naamsverandering vir die skool is ook in die pyplyn. Die beheerraad het by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aansoek gedoen dat die skool se naam verander na Porterville Primêr. Intusssen is daar reeds begin om die ou geboue af te breek om plek te maak vir ‘n nuwe sportterrein.
NUUS • NEWS
2 September 2015