Die courant 30 april 2016

Page 1

c urant

Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free

swartland en weskus Swartland

dié

1

19.9%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

30 Maart 2016

Uitgawe 363

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

• BUCHAN BRING 'HOOP VIR 'N NASIE'

‘Bring jou sambreel’ Bring jou sambreel, want ná die sonskyn, sal die reën kom. Glo my en vertrou net. Só sê Angus Buchan, bekende boer, evangelis en prediker in sy gesprek met dié courant voor sy kuier op Malmesbury die komende naweek. Buchan tree Saterdag hier op as deel van sy "Hope for a Nation"-konferensie. "Ek is baie opgewonde om die streek te besoek. Ek glo hier gaan wonderlike dinge gebeur," sê hy opgewek. "Ek gaan kom, ek gaan die jonger geslag se vrae oor ons land en ons toekoms antwoord. Ek sal vir hulle die waarheid gee waarna hulle soek," sê hy. Met sy positiewe, opgeruimde stem sê hy met 'n onderdrukte lag: "Ek is positief oor hierdie land en sy toekoms. Ek glo daar is vir ons almal hier 'n tuiste, 'n toekoms. "Ek en jy is altwee Afrikane. Ons is hier, in hierdie land, op hierdie kontinent se grond gebore en ons maak ons daaglikse bestaan hier. Ons hoort hier. Dis ons tuiste. "As ek nie in hierdie land geglo het nie, was ek al lankal nie meer hier nie. "Ja, daar is korrupsie, ja, daar is soveel dinge wat verkeerd loop, maar daar is ook net soveel positiewe dinge in hierdie land. Waar anders kan jy 'n ordentlike braai hou? Nie in die ander lande nie. Daar BBQ hulle net," sê hy spottend. "Die jong geslag het soveel vrae. Moet ek bly? Moet ek gaan? Wat hou hierdie land vir my en my gesin in. Dit is belangrik dat hierdie vrae beantwoord word," sê hy. Buchan het regoor die land mans wat hy mentor. "Hulle is soos my seuns en ek help en ondersteun hulle daar waar ek moontlik kan." Een van hierdie "seuns" het hom op die Swartlandse spoor geplaas en het hy besluit dat dit tyd is dat hy sy werk hierheen bring. "Ek gaan pynlik eerlik en reguit wees en met die inwoners praat soos 'n pa met sy kinders praat." Buchan glo dat Bybelonderrig in skole belangrik is. "Ons almal maak saam aan ons kinders groot. Dit wat hulle op skool sien en leer, pas direk aan by dit wat hulle in die huis leer. Dit is ons plig as ouers, onderwysers, ooms, tannies en grootouers om die kinders van vandag reg op te voed. Om hulle volgens die regte waardes groot te maak," sê hy. "Ja, dit is belangrik dat ons ander gelowe moet respekteer, want ons is nie almal dieselfde nie en ons glo nie in dieselfde god nie, maar ek is so besig

Paasvrede:

Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsheer Tijmen van Essen, en raadslid Marlene van Zyl het verlede week by 'n padblokkade op die R27-Weskuspad gehelp om water, Paaseiers en pamflette oor padveiligheid aan motoriste uit te deel.

Angus Buchan is Saterdag om 19:00 by die Hoërskool Swartland se rugbyveld te sien. om oor my lewende God te praat, dat ek nie eens tyd het om iets te sê oor enige ander geloof nie. "Preek van liefde. Maak jou kinders groot volgens hierdie beginsels. Leer jou kinders om ver-

draagsaam te wees vir ander gelowe, maar wees ook uitgesproke oor jou Christenskap. Leef dit. Wys dit. Doen dit. Dit is 'n direkte opdrag van God. Wie is ons om dit te verontagsaam?" Buchan is besig om 'n toer na die universiteitskampusse van die land te reël om hier sy werk voort te sit. "Ek gaan nie politiek praat nie. Ek is nie 'n politikus nie. Ek wil hulle net vertel wat God vir hulle wil sê." Die huidige watertekort op Malmesbury is nie vir hom 'n nuutjie nie. "Ek ken dit. My damme is ook leeg. Ons sukkel net so met die reën, maar ons glo. Ons bid en vertrou. "Daar waar ons tesame is vir 'n groter doel as onsself, ons eie behoeftes eenkant toe skuif en fokus op die groter prentjie, daar waar ons saam bid, daar sal ons gebede verhoor word. "Die spreekwoord lui: 'n Boer maak 'n plan. Wel, my planne werk nooit. Ons moet ophou om ons eie planne te maak. Ons moet dit oorgee en vertrou op Hom vir wie ons raad en hulp vra," sê Buchan.

NUUS • NEWS

30 Maart 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.