die courant 30 mei 2012 175

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 175

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

30 Mei 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Munisipaliteit hou sy besteding in toom Een van die belangrike vraagstukke wat die Swartland Munisipaliteit (SM) môre op sy spesiale raadsvergadering sal bespreek, is die voortbestaan van die Swartland Munisipale Polisiediens (SMPD). Hoewel die veiligheid van die Swartlandse gemeenskap ‘n hoë prioriteit vir die leiers bly, is die finansiële impak van die SMPD in sy 24 uur-formaat nou ‘n bron van kommer. “Ons sal ‘n plan moet maak, maar is die inwoners bereid om te help betaal aan dié diens?” vra die burgemeester, Tijmen van Essen. Van Essen het reeds in sy begrotingsrede op 29 Maart daarop gewys dat dié diens vir die Swartland bloot te veel kos. In die burgemeester se langtermynplan vir die volgende vyf jaar, het hy reeds aangedui dat die SM die gemeenskap sal konsulteer voor enige afskaling van die diens en dat indien die afskaling realiseer, ‘n spesiale eenheid op die been gebring moet word, met ‘n groter fokus op die toepassing van bywette. Die SM beklemtoon deurentyd

dat die afskaling van die diens nie beteken dat die gemeenskap se veiligheid as minder belangrik beskou word nie, maar dat die finansiële volhoubaarheid van hierdie tipe diens vir die grootte van die SM tans finansiële spanning meebring. Daar bestaan nie dienste van hierdie aard in ander soos die Drakenstein Munisipaliteit of op ‘n groot dorp soos Stellenbosch nie. Die SM het reeds met die DA op provinsiale vlak hieroor gekonsulteer en ook met die minister van gemeenskapsveiligheid, Dan Plato. Verder het die SM reeds drie keer skriftelik die provinsiale owerhede gekontak vir hulp met die proses van afskaling, of vir die reël van eksterne finansiële ondersteuning, maar het nie een van dié kere reaksie op hul skrywe gekry nie. “Ons ondersoek nou baie ander moontlikhede en die ideaal is dat die publiek ook hul mening hieroor lug,” sê Van Essen. Op die oomblik word nuwe poste wat vakant raak by die SMPD, nie weer gevul nie.

Max du Preez praat in Swartland - bl. 3 Eksklusiewe eerste kyk na nuwe 2012 ML - bl. 6 Slaagsyfer daal met nuwe lisensietoets - bl. 8

Swartlander en sy ‘liefling’ kom kuier in sy tuiskontrei Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar verloofde, Derick Hougaard, gewese Springbokrugbyspeler (voorheen van Piketberg). Van Jaarsveld is op 21 Junie by die Hoërskool Swartland se jaarlikse ArtHSS-aand in die Stadsaal op Malmesbury die gaskunstenaar. Hougaard het onlangs sy rugbystewels “tydelik” opgehang.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 30 mei 2012 175 by DieCourant - Issuu