courant
gratis
Uitgawe 152
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
30 November 2011
Koring rol
hugenotestraat 11, malmesbur y
Goeie oes 2011 Graanboere van die Swartland is dit eens dat vanjaar tog ‘n goeie oesjaar sal oplewer, ondanks die droogte wat in September geheers het.
Baie is nog besig om die finale koring van die lande te haal en ander het reeds klaar geoes. Volgens Pien Bester, 2010 se Graanboer van die Jaar, lyk dit of vanjaar tog ‘n goeie oes gaan oplewer. “Ons het verlede Dinsdag klaar geoes. Soos dinge nou staan, lyk dit na ‘n gemiddelde oes. Die opbrengste lyk nou nog bietjie laer as verlede jaar, maar die kwaliteit is steeds goed. Ongeveer 75% van die koring sal ‘n kwaliteit van B1 of B2 hê,” sê Bester. “Die koring wat vroeg in die seisoen geplant is, lyk baie goed. Die laat-koring lyk aan die anderkant weer nie so goed nie, dus die gemiddelde oes. Die reënval wat ons vanjaar gehad het, was nie soos in die verlede nie. Toe die koring in September geblom het, was daar nie reën soos benodig nie, maar dinge lyk egter steeds baie goed en hiervoor is ons as landbouers baie dankbaar,” sê Bester. Volgens Hennie Eksteen van die plaas Droëvlei by Klipheuwel is hy sowat driekwart klaar geoes. “Ek dink hierdie oes sal goed tot bo-gemiddeld wees. Die proteïen en graad lyk baie goed, ten spyte van die droë September wat ons ervaar het.” Volgens hom is dit in die koringmonsters duidelik dat die koring met tye swaargekry het. “As jy ‘n handvol korrels vashou, is nie almal lekker vet nie. Daar is baie maer pitte tussenin. As dit nie hiervoor was nie, sou dit ‘n rekord-oes wees. Ons het net die reën van September nodig gehad.
“Gelukkig het ons ‘n koel September gehad en nie ‘n hittegolf ervaar nie, anders sou die koring rypgebrand het en sou dit die kwaliteit baie benadeel het. Ten spyte van die droogte was dit egter koel en kon die koring in koelte ryp word,” sê hy. AJ Louw, voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging se koringstudiegroep is steeds aan die stroop en Bekroonde fotograaf, Tracey Derrick, het oestyd in die Riebeekvallei op film vasgelê. so ook die boere van die Hermon en Riebeek-omgewing.“Die graad van die koring lyk verbasend goed. Die opbrengsJongmense op Moorreesburg het uitte ook. Die omstandighede waarin die kogereik met die courant en vyf Spar-winkels ring vanjaar moes groei, was nie goed nie, in die Swartland se ‘Kersfees vir Kindersmaar dinge lyk steeds goed. Ons is sover baie projek’. Lesers op Malmesbury, Moorreestevrede met die graad en kwaliteit van die koburg, Riebeek-Wes, Porterville en Darling ring. Ek het geen brandskade gehad nie. Die kan tot 8 Desember R50-geskenke vir middelslag-koring het wel ‘n ‘knock’ gevat met kinders van baba tot 18 jaar in die gedie droogte in September en kon die pitte nie merkte houers in ‘n Spar op hul dorp plaas. Geskenke wat op ‘n dorp ontvang reg vul nie. ‘n Mens kom dit duidelik agter in word, word op daardie dorp versprei, sekere kampe. sodat u ‘n verskil kan maak in dié dorp “Alhoewel die toestande nie vanjaar so waarin u woon. Kontak die Spar op u dorp gunstig was nie, lyk die oeste vir my verbasend of skakel die courant by 022 487 3221. goed. Al wat ons nou nodig het, is dat die koringprys so bietjie moet lig, aangesien ons LINKS: Suzette Mentoor, Lani Scholtz nou verplig word om te verkoop en daar baie (agter), Deronique Moses, Dienkie April boere is wat nog nie hul koring verkoop het (middel), Sharelene Albertus en Knopie nie,” sê Louw. Hendriks (voor) het ook deel geword van die Kersfees vir Kinders-projek.
Skoon oudit vir SW Munisipaliteit
Min Tyd vir
Motorbylaag binne
Kersfees vir Kinders