courant
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Uitgawe 246
die
swartland en weskus
30 Oktober 2013 hugenotestraat 24, malmesbury
30 Oktober 2013
tel: 022 487 3221
nie vroeër vanjaar beseer is nie, het hy waarskynlik reeds toetsrugby vir die Springbokke gespeel,” aldus Meyer. Die rugby-joernalis Mark Keohane het ná Saterdag se kragverto ning geskryf: “Du Toit was a monster at Newlands and the pick of a magnificent forward effort.” Du Toit self het getwiet: “Thanks so much for all the amazing messages! Appreciate it so much! Wonderful day for
•3de keer straks skeepsreg vir “Jong Spiere”
Pieter-Steph du Toit, Sharks-slot en sterspeler in die Haaie se sege Saterdag in die Curriebekereindstryd op Nuweland, is Maandag vir die derde keer vanjaar in Bokbreier Heyneke Meyer se Springbokplanne ingesluit. Meyer sê Du Toit “het al die eienskappe om ‘n wêreldklas-slot te word”. Dié jong oud-Rockie van Hoërskool Swartland is in die Bokgroep opgeneem vir die toer na Wallis, Skotland en Frankryk. Vroeër vanjaar het ‘n besering Pieter-Steph (21), boorling van Kloovenburg, Riebeek-Kasteel, uit die Springbokspan teen Italië, Skotland en Samoa gehou. “Jong Spiere”, só genoem na oupa Piet Spiere du Toit wat vir die Bokke op voorry diens gedoen het, het Saterdag as betreklik jong slot tussen talle sterre uitgestaan en met sy energieke, harde spel die toekenning vir Speler van die Wedstryd verdien.
Foto’s: SARU
Hy moet later vandag aansluit by die Springbokgroep vir voorbereidings om Saterdag na Brittanje te vertrek, maar het tussen die reëlings deur ‘n paar mi nute afgeknyp vir die courant. Gepols oor sy toekenning Saterdag sê Pieter-Steph dat dit die grootste bonus nóg was. “I am the happiest man on earth!” het hy tydens ‘n kort TV-onderhoud Saterdag gesê. Dié ekstase kan nog vir ‘n rukkie voortduur, want waarna hy nou die meeste uitsien, is om sy eerste wedstryd in die Groen-en-Goud te speel. “Ek is gereed vir die groot uitdaging en baie opgewonde.” Dié “Jong Spiere” het onlangs getwiet: “What a wonderful feeling to be back in the Bok squad! This is where I want to spend my rugby career forever!” Gevra oor sy borsbeenbesering vroeër vanjaar toe hy reeds in die groep opgeneem was, sê Du Toit filosofies: “Ná elke terugslag gebeur daar weer goeie dinge en wat gebeur, is nie in my hande nie. ‘n Mens moet net aanhou glo, dit maak jou baie sterk.” Volgens hom het sy oupa Piet Spiere se voorbeeld as Springbok hom aangespoor om “nog harder te werk. Om in sy voetspore te loop, bly vir my die grootste eer.” Piet Spiere is oorlede toe Pieter-Steph vyf jaar
oud was. “Intussen is dit vir my elke keer lekker om huis toe te kom en almal weer te sien. Ek waardeer al die belangstelling en aanmoediging,” sê hy nederig. die courant was ook met Heyneke Meyer in kontak oor dié jong slot, wat Maandag deur Sharks-afrigter Brad Macleod-Henderson beskryf is as ‘n speler met ‘amazing’ talent. “Ek het Pieter-Steph die eerste keer sien speel in die kleure van Boland by die Cravenweek in Welkom in 2010 (Pieter-Steph was toe in graad 12). Ons het hom destyds probeer werf vir die Blou Bulle, maar hy het toe reeds ‘n ooreenkoms met die Sharks gehad. “Sedertdien het ek sy loopbaan met groot belangstelling gevolg, want ek voel nog altyd hy het al die eienskappe om ‘n wêreldklas-slot te word – ons het hom selfs verlede jaar na ‘n Springbok-oefenkamp genooi voor hy nog regtig senior rugby gespeel het. “Op 2.01m en 116kg is Pieter-Steph lekker groot, maar ook ontsettend atleties. Dit was reeds van jongs af duidelik Pieter-Steph het hope talent en potensiaal. Hy werk geweldig hard en gedy onder druk, soos almal kon sien in die Curriebeker-eindstryd op Nuweland. “Hy is nog jonk vir ‘n vaste voorspeler, maar as hy
As hy nie beseer is nie, het hy waarskynlik reeds toetsrugby gespeel - Bokbreier everyone.” Springbokslot Bakkies Botha, wat al in 76 toetse gespeel het, het getwiet: “New amazing talent from Pieter-Steph. Well done to the 2 teams. Blessings.” Botha het later
Pieter-Steph ‘reg vir Boktoer’
ná die aankondiging van die Springbokspan getwiet: “Sien julle binnekort manne. Well done. Blessings.” Die Sharks-kaptein, Keegan Daniel, is soos volg deur Jan de Koning op www.rugby365.com aangehaal: “He (Pieter-Steph) has been outstanding. You go back a year ago and our line-out was probably something that let us down in the Currie Cup Final in Durban. In this game it was an area where we converted pressure. He has been taking charge of the line-outs and he will grow and learn. He is a fantastic talent and we are lucky to have him.” * Oupa Piet Spiere het tussen 1958 en 1961 in 49 wedstryde vir die Bokke uitgedraf. Pa Pieter het vir Maties gespeel en Pieter-Steph se drie jonger broers, Johan (gr 12), Anton (gr 9) en Daniël (gr 8) - leerders van Hoërskool Swartland - toon ook hope rugbytalent.