Die courant 30 sept 2015 340

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

dié

1

30 September 2015

Uitgawe 340

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

1ste Burger duik af

Oupa is 'n Bok...: Toe die Swartland se burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, Saterdag met 'n tandem-sprong by die Malmesbury Skou land saam met Mother City Skydivinginstrukteur Frederik Potgieter (regs agter) het Van Essen se kleinkinders, Anja, Bianca en Ben, hom ingewag. Skoupresident Koos O'Kennedy het sy tevredenheid Foto: Mother City Skydiving uitgespreek met 'n baie suksesvolle skou. Sien nog foto's op ble 4, 7 en 12.

• munisipale hof beplan

‘Almal moet help’ Sosio-ekonomiese kwessies en die rol van alle sektore in die voorkoming en bekamping van misdaad is Maandag bespreek tydens ‘n vergadering om ‘n veiligheidsplan vir die Swartland te ondersoek. Die moontlikheid van ‘n munisipale hof om bywette af te dwing, was een van die vooruitsigte wat bespreek is. Die Munisipaliteit het die vergadering belê in opvolg van ‘n inisiatief van die Malmesbury Sakekamer. Om die tafel was ook georganiseerde landbou, die SAPD, die Nasionale Vervolgingsgesag en ander sakekamers. Die burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, het die vergadering geopen en gesê daar moet na alle aspekte van die saak gekyk word: wie wat gaan doen of betaal ensovoorts. “Die oplossing is nie altyd om oortreders in hegtenis te neem nie – wat gaan ons met almal doen?” het hy gevra. “Daar is ook die ontvangers van gesteelde goedere en ouers wat nie na hul kinders kyk nie. Baie kinders is betrokke by misdaad en die ouers gee nie ‘n flenter om nie.” Die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het die doel van die byeenkoms geskets en gesê dit is nog net ‘n begin. “Ander rolspelers moet

nog bykom.” Hy het die `gebreekte vensters’-konsep verduidelik. “Ons moet net eenvoudig aanhou om die regte dinge te doen, totdat die gemeenskap inval daarby. “Sosio-maatskaplike omstandighede kan sorg vir ‘n stabiele en veilige omgewing.” Scholtz het ook genoem dat die moontlikheid van ‘n munisipale hof op die oomblik ondersoek word. Só ‘n hof sal na bywette kyk, met landdroste wat deur Justisie aangestel word. Die Munisipaliteit is verantwoordelik vir ‘n gebou en aanklaers. Hy het na verkeersboetes verwys as voorbeeld van die agterstande waarmee hulle te kampe het. “Ons skryf sowat 3000 boetes per maand uit. Die hof kan ons net twee dae per week toestaan, wat van Januarie af verhoog na drie dae,” het hy gesê en verduidelik dat net sowat 300 sake per dag hanteer kan word. Die agterstand verhoog daarom aanmekaar. Derrick Grootboom, ‘n aanklaer by die plaaslike landdroshof, het hom ondersteun en bygevoeg dat daar nie so iets soos `klein’ misdade is nie – bywette is net so belangrik as enige ander

wet. “Dit is ook baie belangrik dat daar gekyk word na openbare opvoeding.” Hy het verduidelik dat mense moet kennis dra oor wetgewing en die gevolge as hulle dit oortree. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het ook die gedagte oor opvoeding onderskryf. “Dit is ook belangrik dat mense self betrokke raak en nie net tjeks uitskryf nie.” Roman Steyn, hoof van verkeer- en wetstoepassing, het ook ‘n konsepplan opgestel. Hy sê die doel moet wees om oortreders te ontmoedig, om die geleentheid vir misdaad te verwyder en om die grondoorsake van misdaad aan te spreek. “Alle rolspelers moet poog om nie net te reageer op misdaad nie, maar dit ook te voorkom.” Uys van der Hoven, wat deel van die landbou-afvaardiging uitgemaak het, het reeds vyf jaar gelede ‘n konsepplan opgestel. Hy meen dit is belangrik om ‘n platform te skep waar oplossings geïdentifiseer en geïntegreerd aangepak kan word. Scholtz het ter opsomming gesê rolspelers moet geïdentifiseer word om die plan te verfyn en uit te rol. Hierdie groep sal eersdaags vergader.

NUUS • NEWS

30 September 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.