Die courant 31 julie 2013 233

Page 1

courant

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Uitgawe 233

die

swartland en weskus

tel: 022 487 3221

hugenotestraat 24, malmesbury

31 Julie 2013

Hardloop Foto’s van Byleveld op op Riebeek Ploegdag Yzerfontein • BOORLING VAN GOEDVERWACHT, NABY PIKETBERG

‘Fokus op toekoms’

Christo van der Rheede, ‘n boorling van die sendingdorp Goedverwacht naby Piketberg, het verlede week die Malmesbury Sakekamer toegespreek. Nadat hy op Malmesbury ma­ triek behaal het, was hy voorheen skoolhoof en is vandag die voorma­ lige uitvoerende hoof van die SBA, uitvoe­rende hoof van die AHI, op die Adviesraad van die Noordwes Besigheidskool, die ATKV Direksie, voorsitter van die Lapa Direksie en die beskermheer van die Goed­ verwacht Snoek en Patatfees. Van der Rheede het met die courant gesels en die volgende vrae beantwoord: Vertel ons van die kinderjare op Goedverwacht? Dié goeie jare het 80% uit speel en onnut­ sighede bestaan. Ons het ons besig gehou met cowboys en crooks, albasters, kennetjie, weg­ kruipertjie, dassiesjag en skattejag in die berg­ grotte. Belangrik egter: Die onderwys was nie net oordrag van kennis en vaardighede nie, maar passievolle onderwysers het nuwe denke en self­ standigheid by ons ontketen. Ek kan geen slegte ervaring onthou nie, behalwe die pak slae wat ek soms ontvang het. Ag wat, ‘n bietjie pyn en lyding vir al die onnutsighede wat ons aangevang het, het ons karakter help bou. En die koshuisjare op Malmesbury? Ek het dit vreeslik geniet. Mnre. Vesamian, De Laura, Mouton en Messina was ware in­ spireerders. Hulle het ons gevorm vir verdere sukses in die lewe. My koshuismaats - ek onthou elke belewenis saam met hulle. Willem Strauss, Sammy Jasson, Arnold Blom, Mario Ernetzen was koshuismaats. Ek praat nie uit oor wat ons aangevang het nie - ek is nie ‘n klikbek nie! Watter lewenslesse wens jy kan elke kind van die Swartland vir hom- of haarself neem? Die lewe skuld jou niks. Jy en jy alleen is ver­

Christo van der Rheede antwoordelik vir jou eie vooruitgang. Die eerste stap na sukses begin by goeie geleerdheid, goeie kommunikasievaardighede, logiese denke, selfdissipline, gesonde waardes en die vermoë om ‘n visie prakties uit te leef. ‘n Boodskap vir Swartlanders? Fokus op die toekoms en neem die goeie uit die verlede saam om jou te rugsteun. Die toekoms vra vir kreatiwiteit, beplanning en netwerking teenoor die verlede wat dikwels ‘n klankbord is vir selfbejammering, verwyt, ver­ bittering en isolasie. Leef oor grense heen; ons is immers al­ mal God se kinders en Hy het ons, ongeag velkeur, etnisiteit of geslag, as gelykenes geskape! Wat is jou lewensmotto? Balanseer ambisie altyd met nederigheid en harde werk. Stel Suid-Afrika en al sy mense eer­ste en dien die land. Eer jou ouers en familie! Jy is by geweldig baie organisasies betrokke en aan die voortou. Hoe kry jy alles behartig? Goeie personeel gee my die nodige ondersteu­ ning en ek van nature ingestel op ontwikkeling,

implementering en evaluering van strategie. Watter mikpunte het jy nog vorentoe? Ek word volgende jaar 50 en hoop om teen 60 langs die see in ‘n kothuisie met ‘n kaggel en ‘n braai waarin ‘n groot snoek sal pas, af te tree. Gedurende my kinderjare het ons familie elke jaar te Paternoster gaan vakansie hou. Elke somervakansie besoek ons die Weskus - ‘n ma­ giese omgewing wat ek jaarliks moét besoek om sielsrus te vind. Verder hoop ek om eendag ‘n senior pos in die privaat- of publieke sektor te beklee en op dié wyse voort te gaan om ‘n ver­ skil op korporatiewe en regeringsvlak te maak. Vertel ons van jou gesin? Ek het my vrou, Merlyn, tydens ons studente­ jare ontmoet. My seun, Ryan, is ‘n oud-Ikey en professionele tromboon­ speler in die Kaapse Fil­ harmoniese Orkes. Ons dogter, Lucia, studeer by die US grond­­ slagfaseonderwys. Ons is ‘n baie hegte gesin en maak graag tyd om as gesin bymekaar uit te kom. Iets oor jouself? My gunsteling gereg is ‘n lekker braai of BoKaapse hoenderkerrie met ‘n vol glas Kanonkop 2011. Ek is ‘n groot ‘fan’ van Deon Meyer en Etti­ enne van Heerden. My gunsteling gesegde is dié van Thomas Edison: “Opportunity is missed by most people because it comes dressed in over­ alls and looks like work.”

Jy en jy alleen is “verantwoordelik vir jou eie vooruitgang. ”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.