die courant 31 oktober 2012 197

Page 1

courant

gratis

swartland en weskus Uitgawe 197

die

Finalis: Malmesbury Diensverskaffer van die Jaar

tel 022 487 3221

31 Oktober 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Fokus op N7projekte Opleiding vir werkers op plaas bl. 5 Lions vir kongres na Swartland bl. 8

GEDULDIG: Die spertyd vir die opgradering van die pad tussen Malmesbury en Darling is tot einde volgende jaar verleng, het ‘n woordvoerder van Power Construction, Deon Janse van Vuuren, gister gesê. Tot dan sal meestal twee en soms drie stop-ry-reëlings van krag wees, met ‘n gemiddelde wagtyd van tien minute. Die koste van die projek is nagenoeg R88 miljoen. Die spertyd is uitgestel weens reënonderbrekings en die uitbreiding van die projek wat die verbreding van 15 km van die pad vanaf Malmesbury insluit. Aan elke kant van die strook sal ‘n skouer van 1,5 m aangebring word.

Teerstrate: SM se beleid lyk só “As ons net kyk na al die grondstrate in al die Swartlandse dorpe, het die Swartland Munisipaliteit meer as R170 miljoen nodig om dit alles op ‘n teerblad-stadium te bring. “Om ‘n nuwe teerpad/straat te bou sonder enige randstene en sypaadjies, praat ons reeds van R1.5 tot R2 miljoen per kilometer. Om ‘n bestaande teerpad oor te bou omdat dit nie na behore in stand gehou is nie, vereis R2.5 tot R3 miljoen per kilometer.” Só het die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit (SM), Tijmen van Essen, die SM se beleid oor die teer van strate verduidelik nadat die courant gereeld navrae oor dié onderwerp gekry het: “Dan praat ek nog nie van die stormwaterstelsels wat opgegradeer of aangebring moet word voordat énige teerwerk gedoen kan word nie. Die teer van strate is soos ‘n huis wat jy bou: Jy giet eers die fondasies, dan bou jy alle mure, dan die dak en die pleisterwerk op die mure en laaste verf jy die gepleisterde mure. “Met die bou van paaie is dit dieselfde: Jy voorsien eers alle ondergrondse dienste soos water, riool, elektrisiteit, stormwaterdreinering en nadat al dié dienste in die grond aangebring is, (“verf”) teer jy die strate. “Maar die beskikbare geld moet ook sekere andere dinge doen: “Jy kan nie net waterpype aanlê sonder die nodige reservoirs nie. Die reservoirs moet weer

hulle water vanuit damme kry. By rioolpype in dorpsgebiede het jy ook rioolwerke nodig - in Malmesbury bou die SM juis nuwe rioolwerke teen ‘n bedrag van meer as R105 miljoen.” Die raad het twee jaar gelede ‘n beleid opgestel vir die volgende nege jaar se beplanning – daarvoor is elke bestaande teerpad nagevors om die pad se toestand vas te stel en op ‘n rekenaarprogram ingesleutel sodat alle huidige teerpaaie met mekaar vergelyk kan word. Volgens daardie program word die swakste paaie eerste herseël. Die enigste voorwaarde wat die raad gestel het, is dat die beskikbare begrote bedrag aan die dorpe toegeken moet word volgens die persentasie teerpaaie wat in daardie dorpe bestaan. In die dorp met die meeste teerpaaie word dan ook die meeste paaie herseël. “Dit is onmoontlik om dit in ‘n paar jaar te doen – daar is meer as 100 kilometer grondstrate in Swartlandse dorpe!”het Van Essen gesê. “U kan maar die som maak van 100 kilo­meter teen ongeveer R1.7 miljoen per kilo­ meter daarom is die volgende riglyne opgestel: “Vir sover moontlik het elke dorp met grondpaaie ‘n deel van die beskikbare bedrag geld ontvang. “Verder is die meeste grondpaaie reeds beoordeel volgens die volgende metode: “Eerste op die lys is grondpaaie wat ‘n be­

langrike toevoer tot ‘n woongebied is, byvoorbeeld: Riebeek-­Wes se Waterkantstraat vanaf Voortrekkerweg); “Tweede op die lys is grondpaaie waar die woonhuise op die twee sykante gebou is en waar die huise naby mekaar gebou is met klein erwe. (Voorbeeld: Darling-Oos se strate); “Derde op die lys is grondpaaie waar woonhuise op die twee sykante gebou is en waar die huise verder uit mekaar gebou is, dus met groter erwe; (soos Boltneystraat in Abbotsdale). “Vierde op die lys is grondpaaie waar net aan een kant van die pad woonhuise opgerig is. (Voorbeeld: Claredonstraat in Darling) “Die verdeling soos hier genoem sluit nog nie alle paaie in nie. In 2010/2011 se begro­ tingsjaar het ons beplan vir ongeveer 9 jaar. “Chatsworth se agterstande vir ‘n water- en rioolnetwerk is enorm groot - meer as R150 miljoen en dit sal net oor die tyd ingehaal kan word. Hier moet ook besluite geneem word oor

watter roetes die busse loop; ongelukkig sal daardie paaie van ‘n beter (lees duurder) gehalte gebou moet word as ‘n gewone teerstraat. “Omdat die SM te alle tye die nodige ondergrondse dienste moet aanbring voordat strate geteer kan word, noem ons Abbotsdale as voorbeeld, wat oor die laaste 10 jaar voorsien is van ‘n volle water- en rioolstelsel en waar ons nou besig is met die volgende fase – die teer van strate. “Ek kan julle verseker dat Swartland een van die weinige munisipaliteite in Suid-Afrika is waar nog strate geteer word,” het Van Essen afsluitend gesê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.