c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
26.1%
23.1%
3 Februarie 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Bergrivier
swartland en weskus Swartland
dié
1
Uitgawe 355
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Jong Tiere wys kameraderie oor 1500m
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Vrydag hul kleure-atletiek gehad. Die rekords het gespat en Galin Cleophas het 'n rekord van 40 jaar, wat Kobus Dippenaar in 1976 in die 110m-hekkies opgestel het, verbeter van 15,65 sekondes na 15,5 sekondes. Nog rekords is verbeter deur Christiaan Hanekom (o.17) in gewigstoot, Anelche Truter (o.17) in die hamergooi, Charlton Andrews (o.17) in verspring en 200m en Galin Cleophas (o.19) ewenaar die hoogspring-rekord. Drie matriekseuns, Stehan Visser, Ranaldo Louw en Janico Mentoor, het dit moontlik gemaak vir Adrian Stevens, ook matriek, om ook aan die byeenkoms deel te neem in sy rolstoel. Hulle het hom die volle 1500m in sy rolstoel gestoot en net voor die eindstreep het hulle hom uit sy rolstoel gehelp en ondersteun om self oor die wenstreep te stap. Deelnemers en toeskouers het met groot afwagting gewag vir sy tree oor die wenstreep.
• skenk 100 ton vir knersvlakte
Boere gee veevoer
Ek wil maar net help. Só het Michiel Smuts, ‘n boer van Malmesbury, stil verduidelik toe sy voerskenking vir die Knersvlakte Maandagoggend gelaai is. Die Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, Alan Winde, en die hoofbestuurder (Kaap) van SA Brouery (SAB), Desmond Jacobs, het Smuts se plaas, Grasrug, besoek om te kyk hoe 18 ton voer vir boere in dié droë streek gelaai word. Die skenking is deel van meer as 100 ton voer wat deur Wes-Kaapse boere geskenk is. SAB vervoer die skenkings gratis van Bredasdorp, Malmesbury en Ceres na Kliprand. Winde het landbouers wat saam met Agri Wes-Kaap na hul medeboere uitreik, vir hul bydrae bedank. “Hoewel die droogte ‘n verskriklike uitwer-
Wen kaartjies na Buite-ekspo
king op die Suid-Afrikaanse landboubedryf het, het dit terselfdertyd ons land se grootste bate na vore gebring: ons sterkte in nood, die empatie met ander en die wil om mekaar te help in ‘n krisis,” het Jacobs (SAB) gesê. Carl Opperman van Agri Wes-Kaap het ook alle produsente, maatskappye en individue wat bygedra het met droogtehulp bedank. Intussen het Swartlander John Dürr, WesKaapse voorsitter van die Rooivleis Produsenteorganisasie, gesê die huidige krisis bring die beste in mense na vore. "Die droogte het weer eens gewys dat sonder geloof en die bydrae van georganiseerde landbou in al sy verskillende vorme, asook die samewerking van die totale bevolking, produsente uitgelewer is aan die elemente daar buite en sou baie van hulle nie deur hierdie tydperk
Sakpas-idees vir Valentynsdag
kop bo water kon hou nie." Hy het oor die bedryf en die droogtesituasie gepraat en verduidelik dat die Wes-Kaap se rooivleis-produksiegebiede uit die volgende streke bestaan - die Suid-Kaap/Overberg, Koeberg/ Swartland en Weskus/Namakwaland en die Sentrale Karoo-gebied. Die Suid-Kaap/Overberg gebied het die afgelope twee of drie jaar bogemiddelde reën-en oesjare gehad met heelwat oesreserwes, asook surplus weiding. Heelwat voerskenkings is uit hierdie gebied ontvang. Die tweede gebied het die afgelope seisoen ondergemiddeld tot baie swak graanoeste gehad het en het dus ook baie min tot geen somerweiding of oesreste. “In die Namakwaland-gebied is produsente onder groot druk om hul kuddes te behou met die duur voer." Sien volledige berig op bl 10.
Fokus val op die landbou
NUUS • NEWS
3 Februarie 2016