courant swartland en weskus Uitgawe 229
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
tel: 022 487 3221
3 Julie 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Inwoners vra Honde vir SA-rekord vir Nog 129 windlaaiers? oor myne weermag Phillips
•derde boek op 85
Nr 4 straks oor Skotte Nadat Ian Fleming van Malmesbury sy eerste boek op 80 voltooi het, het sy derde boek ‘Tattle Tales and Some Sure-shot Short Stories’ pas die lig gesien. Nou, op 85, wéét Ian Fleming reeds waaroor sy vierde boek sal handel: “My Wilder Scottish Ancestors”. Fleming, rekeningkundige en geoktrooieerde rekenmeester van beroep, raak entoesiasties oor sy skryfwerk: “Al my verhale is losweg op die waarheid gebaseer, met ‘n spoor van verbeel ding daarby.” Hierdie derde Fleming-boek bevat veertien kortverhale waarvan Ian dertien geskryf het. Die veertiende verhaal is geskryf deur sy seun, Ross Fleming, wat in Kaapstad woon. Met titels soos ‘Either him or me’, Poetic Justice’, ‘One Man’s Passion is another Man’s Meat en ‘Amateur De tectives’ neem dié verhale die leser nie net deur ‘n groot verskeidenheid situasies nie (die Boereoorlog, die Groot Depressie in King William’s Town, die Tweede Wêreldoorlog, ‘n hondelewe en inflasie), maar dit vermaak, voed op en laat in elke storie die leser twee keer (en meer) dink oor die dieper lê van elke verhaal as wat die eerste oogopslag bied. “Party van my stories se oorsprong lê reeds 20 jaar in die verlede; ek kan dit nie eens meer spesifiek onthou nie. Ander verhale het meer onlangs sy beslag gekry, met ‘n Malmesburyagtergrond,” vertel hy. Wat ‘Tattle Tales’ besonders maak, is dat dit reeds vandeesweek by die Grahamstadse Kunstefees by die Van Schaik-stalletjie (uitgewers) te sien is. Watter van hierdie verhale is sy gunstelinge? “Geen gunsteling nie – ek hou van hulle almal.” Ian en Wendy Fleming was voorheen boor linge van King William’s Town, waar hulle ‘n ak tiewe rol in die gemeenskap gespeel het. Nadat hulle mekaar ontmoet het by ‘n musiekkonsert waar Wendy klavier gespeel het, het hulle lewens verweef geraak met die hou van konserte vir die bou van ‘n eie teater vir King William’s Town, die aanbied van pantomimes en
Ian Fleming met sy drie boeke. ander opvoerings, die hou van huiskonserte – ‘n konsep waarvoor Wendy baie lief is en reeds met sukses op Malmesbury aangebied het. Wendy is tydens haar musiek-opleiding bekendgestel aan die speel van twee klaviere – iets wat sy en haar dogters steeds graag saam doen. Baie van hul konserte is ook gehou om welsynsorganisasies se fondse te sterk. “Toe dié teater uiteindelik ingewy is, was F.W. de Klerk se pa (destydse minister van kultuur) ook teenwoordig,” vertel hulle.
Voordat die teater in King William’s Town die lig gesien het, moes hulle saans en naweke die 60 km Oos-Londen toe reis om te oefen vir die konserte en dramas. “Ross, ons oudste, was ‘n baba en moes maar saamry.” Terwyl Ian baie besig was met sy werk, sy gesin en vier kinders, as Round Table-lid, ten nis, lief vir sy eie seiljag, as tesourier van baie liefdadigheidsorganisasies soos Kansa en die kinderhuis, het hy reeds begin skryf: amateur dramas, opvoerings, pantomimes en komedies. “Die meeste van daardie verhale is ook verweef met die waarheid en met die geskiedenis as wegspringplek.” Ian is herhaaldelik deur die Rotariërs lidmaat skap aangebied, maar hy kon dit nooit aanvaar nie: “Hy was net te besig daarvoor. Uiteindelik het die Rotariërs aan hom ‘n toekenning gegee vir sy gemeenskapsbetrokkenheid, hoewel hy nooit self ‘n lid was nie! Só werk ons altyd saam; verstaan en ondersteun ons mekaar altyd.” sê Wendy (volgende week ‘n jong 83). Op 80 het Ian se eerste boek gehandel oor sy Ierse ouma aan vaderskant, Isabella - ook die titel van die boek. Sy tweede boek ‘An Age of En joyment’ bevat outobiografiese vertellings.