courant
gratis
Uitgawe 193
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
3 Oktober 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Oktober is nasionale maand vir die bejaardes en ons fokus op bladsye 4, 5 en 6 op diegene wie se grysstof ons nooit verlore kan laat gaan nie! Swartlandse fotograaf en kunstenaar Tracey Derrick het hierdie foto verlede jaar gebruik in haar projek ‘The Domino Effect’; ‘n kunsprojek waartydens sy op Hermon gefokus het vir haar deelname aan ‘n VANSA (Visual Art Network of South Africa)-kunsaanbieding, met die tema ‘2010 Reasons to Live in a Small Town’. Sy het hierdie foto genoem: ‘Senior Burgers, Rondeheuwel’, nadat die foto destyds op dié plaas buite Hermon geneem is. Tracey se foto-uitstalling van die Dominoprojek is tot 21 Oktober te sien in die Goeie Hoop Galery in die Kasteel in Kaapstad, as deel van die Maand van Fotografie-Fees in Kaapstad.
Stewige graanoes verwag
Graanvooruitskattings vir koring, kanola in Swartland gunstig
‘n Koringoes van 470 000 ton word vanjaar vir die Swartland verwag, volgens die graanoesvooruitskattings van Johan de Lange, hoofbestuurder: produkte van Kaap Agri op Porterville. Sy skatting vir die Suid-Kaap is 280 000 ton, wat neerkom op ‘n verwagte WesKaapse oes van 750 000 ton. Die verwagte koringoes van 470 000 ton in die Swartland vanjaar is byna 45 000 ton meer as verlede jaar se oes van 425 580 ton in die Swartland. In die vorige jaar (2010-11) was die oes heelwat laer, 372 360 ton. In 2007-08 is ‘n volle 65 000 ton meer as vanjaar se koringoesvooruitskatting. As vanjaar se vooruitskatting reg is, sal dit presies dieselfde wees as die oes van 2005-06, toe dit ook 470 000 ton was. Vanjaar is daar volgens De Lange ongeveer 12 000 ha kanola in die Swartland aangeplant, teenoor ongeveer 170 000 ha koring. Die eerste produksieskatting van die nasionale oesskattingskomitee vir die WesKaap beloop 734 400 ton. Die gemiddelde opbrengs oor die afgelope agt jaar beloop 2,4 ton/ha, volgens De Lange. “My verwagting is dat graankwaliteit, ten spyte van bogemiddelde oesverwagtinge, steeds goed gaan wees, aangsien kumu-
latiewe reënvalsyfers nie bogemiddeld gedurende die produksieseisoen was nie. “Dit veroorsaak dat die doeltreffendheid van stikstof-toediening deur die seisoen baie goed was,” het De Lange per e-pos op navraag van die courant oor die oesvooruitsigte geantwoord. Volgens hom het die Wes-Kaap (Swartland, Suid-Kaap en Overberg ingesluit) vanjaar feitlik die helfte van Suid-Afrika se koring aangeplant. In 1990 was dit minder as 30%. Sedert 2005/06 het koringaanplantings in die Swartland met 16,1% gedaal, terwyl die daling sedert 2008/09 reeds 27,5% beloop.
Daar word volgens De Lange egter ‘n stadig stygende tendens in kanola aanplantings in die Swartland waargeneem. Lupienaanplantings toon ook ‘n stygende tendens en ongeveer 14 500 ha soetlupiene is vanjaar in die Swartland aangeplant. Wat reënval betref het sowel Malmesbury as Porterville baie hoë reënvalsyfers in Augustus gehad, gemeet aan die afgelope vier jaar se gemiddeld. In albei distrikte het meer as 100 mm reën geval, teenoor Malmesbury se gemiddeld van onder die 80 mm en net bo 60 mm in die Porterville-omgewing. Daarteenoor was Julie en September ef-
fens ondergemiddelde reënmaande in sowel die Malmesbury- as Porterville-omgewings. Die geakkumuleerde gemiddeld by Malmesbury vir die eerste nege maande vanjaar is oor die 400 mm – feitlik dieselfde as 2010, maar teenoor 2011 se onder die 400 mm, en 2008 en 2009 wat albei bo die 600 mm was. Die afgelope vier jaar se gemiddeld in die Malmesbury-omgewing is bo 500 mm en byna 600 mm in die Porterville-omgewing. Die damvlakke lyk eweneens gunstig. Die Voëlvleidam naby Gouda is tans 101% vol, teenoor verlede week se 100%. Die waterinhoud beslaan tans 158,6 miljoene kubieke liter. Dit is meer as 9 persentasiepunte meer as die 91,8% op die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die Misverstanddam in die Bergrivier is tans 118,1% vol, meer as 3 persentasiepunte meer as verlede week se 114,4%. Die waterinhoud beslaan tans 6,5 miljoen kubieke liter. Die Misverstanddam was op dieselfde tydstip verlede jaar 112,1% vol. Al die damme in die Wes-Kaap is tans gemiddeld 92% vol, teenoor verlede week se 91,4% en verlede jaar se 85,6%, volgens die Departement van Waterwese. Die provinsie is effens beter voorbereid op die droeër somermaande, met 1,85 miljard kubieke liter se algehele waterinhoud.