courant
gratis
Uitgawe 167
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
4 April 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Die lamtyd in die Swartland het pas begin en op die plaas Nuweland kon klein Anise en Hanné Louw nie vir die spe-siale tyd wag nie. Erika Hanekom, vroueboer van Mal-mesbury, sê dat haar lammers eers van volgende week af sal aankom. “Weens die droë somer is daar geen parasiete nie en die ooie se kondisie lyk baie goed. “Ons moet maar byvoedings en lekke gee omdat daar nou geen groenigheid in die veld is nie. “Daar lê ’n besige tyd vir Swartlandse boere voor, want van nou af sal ons dekgewasse, weiding en kuilvoer moet aanplant voordat die koring gesaai word,” het sy bygevoeg.
Die courant vier 5 jaar in nuwe perseel. - bl 6 & 7 Philip Weideman swem tot in Proteaspan - bl.2
BKS kyk nou na verbypad vir Malmesbury
Pad moet swaar verkeer van Paarl-pad na N7-kruis herlei Die provinsiale regering van die Wes-Kaap het ‘n maatskappy BKS (Pty)Ltd, aangestel om die verlengde R45 te ondersoek, beplan en te implementeer. Hierdie pad sal noord van Malmesbury by die Hopefield-Vredenburgpad aansluit en verkeer gelei na die Paarlpad met die uitsluitlike doel om vragmotors en swaar verkeer buite Malmesbury om te hou. Dit sluit aan by die huidige fokus op die ontwikkeling van Saldanha, en daarom moet daar ‘n meer toeganklike roete kom wat Saldanha verbind met die N1 naby die Paarl. Hierdie nuwe roete sal die verkeer van swaar voertuie deur Malmesbury drasties verminder. Die projekbestuurder van hierdie pad vir die departement vervoer en openbare werke, Dru Martheze, het gister bevestig dat die projek nog in sy babaskoene is. “Ons het nog nie werklik veel op papier geplaas vir hierdie projek nie, want dis nog ‘early days’ vir hierdie pad. Ons beplan om alle belangrike rolspelers, soos omgewingskonsultante en
die betrokke departemente, so gou moontlik te betrek, sodat die ondersoek- en beplanningsfase spoedig ‘n aanvang kan neem. “Op hierdie stadium kan ons nog nie eens sê oor watter roete hierdie pad gebou sal word nie,” het Martheze gesê. Martheze het wel bygevoeg dat die hele ondersoek- en beplanningsfase gemiddeld twee jaar duur. “Sodra al die belanghebbendes (of die meeste van hulle) saamstem, raak dit tyd om na die befondsing van die projek te kyk. Omdat die pad deel sal vorm van die hele ontwikkeling van Saldanhabaai, sal daar sekerlik fondse beskikbaar gestel word daarvoor,” het sy gesê. In Saldanhabaai lê die fokus van nou af op die industriële gebied en volgens beplanning die grootskaalse ontwikkeling van die hawe en sy olie- en gas-industrieë. Dit behoort tienduisende werksgeleenthede mee te bring, met minstens R16 miljoen wat binne die eerste drie jaar beskikbaar gestel sal word.