courant
die Gratis • Free
swartland en weskus Uitgawe 251
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
hugenotestraat 24, malmesbury
4 Desember 2013
tel: 022 487 3221
•Jaag tans in Egipte
Pasio slyp vir Statebondspele
Suid-Afrika se top-vrouefietsryer, Ashleigh Moolman Pasio van Riebeek-Kasteel, sal tot Vrydag in die Afrika Kampioenskap in Egipte jaag, waar sy reeds ‘n goue medalje in die wedren oor 21 km verower het. Die Suid-Afrikaanse span het met saktyd reeds ses goue medaljes, vier silwer en twee bronsmedaljes in Egipte gewen in onder meer die afdelings vir juniors en mans. Pasio het vanjaar ‘n rits top-vertonings ingeryg en was deurgaans onder die voorste 18 plekke op die wêreldranglys. Benewens die SA Pad- en Naelrytitel, het sy die eerste Suid-Afrikaanse vroueryer geword om ‘n podiumposisie in die Wêreldbeker-padreeks vir vroue te behaal danksy ‘n derde plek in die Flèche Wallonne Femmes-wedren oor 131 km in België. Sy is ook vanjaar met die publikasie “SA’s Most Influential Women in Business and Government” se toekenning as Afrika se invloed rykste vrou in sport bekroon. Maar nou streef Pasio (28), ‘n chemiese in genieur wat haar deesdae voltyds op fietsry toespits, daarna om haar onder die beste fietsryers ter wêreld te vestig. “Ek sou graag nog ‘n Wêreldbekerreeks (wat uit nege wedrenne bestaan) wou wen, asook die Wêreldkampioenskapstitel. “Dan werk ek ook hard vir die Statebondspele in Augustus volgende jaar in Glasgow en die uiteindelike mikpunt is om in die volgende Olimpiese Spele van 2016 in Rio so goed as moontlik te jaag,’’ het Pasio kort ná ‘n oggendoefensessie op die gimnasiumfiets op die stoep van haar woning in Riebeek-Kasteel in ‘n onderhoud aan die courant gesê. Sy ry nog net sedert 2008 ernstig fiets. Voor dit het sy aan spansporte soos hokkie deelgeneem, maar fietsry het toenemend aanloklik geraak omdat ‘n individuele fietsry-oefening enige tyd van die dag ingepas kan word. Pasio en haar man, Carl Pasio, woon tans byna agt maande van die jaar - van Maart tot
Kry graad by Weskus Kollege
Ashleigh Moolman Pasio op haar geliefde fiets. Oktober - in Girona, Spanje sodat sy haar fiets ryverpligtinge in Europa kan nakom. Dis hy wat haar aanvanklik aangemoedig het om te begin fietsry. “Gelukkig is hy meestal daar, want dis emosioneel ‘n geweldig veeleisende sport. “Mens kan egter al die voorbereiding doen, maar daar is dinge waaroor jy nie beheer het nie, soos die weer op die wedrendag, ‘n pap wiel
of jou gesondheid. Die sport het my egter baie lewenslesse geleer, soos die hantering van teleurstellings, hantering van sukses, van die media-aandag, onderhoude en die hantering van die kalklig,” sê dié oud-leerling van Hoërskool Eunice in Bloemfontein en voormalige Matiestudent in die Eikestad. “Nogtans geniet ek professionele fietsry,” aldus Pasio.
Sokkersentrum van R20m gebou
Quantum Foods op pad na beurs