courant
tel 022 487 3221
Uitgawe 202
die
swartland en weskus
5 Desember 2012
hugenotestraat 24, malmesbury
Klaar met skool!
‘n Uitbundige groep matrieks van Hoërskool Swartland juig aan die einde van hul skooljaar, wat die aanbreek van die somervakansie inlui. Skole sluit eerskomende Vrydag vir die ander leerders en her-open weer op Woensdag 16 Januarie 2013. Nog foto’s op bl. 9.
SASKO SKUIF meule NA MALMESBURY
Belegging van R300 milj in Swartlandse aanleg Pioneer Foods het ‘n belegging van R300 miljoen by sy filiaal Sasko op Malmesbury aangekondig. Dit behels die opgradering en uitbreiding van koringmeule op Malmesbury, het Tertius Carstens, uitvoerende direkteur van Sasko, aan die courant gesê. Siviele kontrakteurs is nog nie aangewys nie, maar daar word beoog om in Februarie 2013 met bouwerk te begin. Dit behoort teen middel 2014 voltooi te word. Sasko se aankondiging volg op nog ‘n belegging van honderde miljoene rand in die Swartland. die courant het in Oktober vanjaar berig dat Afrika se grootste varkplaas tans tussen Malmesbury en Darling opgerig word. Die graanmeule in die Paarl word gesluit, met die gevolg dat nog ‘n kapitale belegging van
R300 miljoen in die Swartland gemaak word. Dit behoort tussen 10 en 20 nuwe werkgeleenthede op Malmesbury te skep, bykomend tot Sasko se huidige personeel van 164, wat betrokke is by koringvermaling en verspreiding. Die totale Sasko-divisie van Pioneer Foods se omset vir die pas afgelope finansiële jaar was R10 miljard. Carstens wou nie sê wat die kapasiteit van die nuwe meule is nie. Die nuwe projek sluit in die installering van ‘n bykomende graanmeule en verwante infrastruktuur op die huidige perseel, aan die rivierkant van Bokomoweg. Die verwante infrastruktuur sluit in fasiliteite vir die hantering van koring en finale produkte en ondersteuningsdienste, soos byvoorbeeld ‘n laboratorium.
Bykomend tot die opgradering van die meuletegnologie, sal kapasiteit bygevoeg word om ruimte te laat vir toekomstige groei. Hieroor sê Carstens: ‘’Koringverbruik in Suid-Afrika groei op ‘n langtermyn-basis met nagenoeg 2% en vanweë die langtermyn-aard van hierdie belegging word daar voorsiening gemaak vir toekomstige groei.’’ Oor die besluit om die aanleg in die Paarl te sluit en op Malmesbury uit te brei, het Carstens gesê: “Die Paarl-meul se toerusting is oorwegend ongeveer 30 jaar oud en moet vervang word. Uit ‘n investeringsoogpunt is dit voordelig om sodanige uitbreiding op ‘n bestaande perseel te doen. “Die perseel in Paarl is nie geskik vir sodanige uitbreiding nie.”
Stewige graanoes bl. 2 Jo Dolphin maak geskiedenis bl. 3 Swartlander cum 9 vakke in medies bl. 11 Noodnommers
of as u verdagte voertuie opmerk Riebeekvallei: 081 822 8620 Algemene tolvrye nommer: 0860 142 142 Malmesbury: 022-482 1220