Die courant 5 februarie 2014

Page 1

courant swartland en weskus

die

Uitgawe 257

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

5 Februarie 2014

tel: 022 487 3221

Druiwetyd in die Swartland

Met oestyd in volle swang hang tafeldruiwe weer swaar in die Riebeekvallei soos hier op Johan Vlok se plaas Môrester by Riebeek-Kasteel. Klein Juwayne Louw van die buurplaas Ebenaeser is in Graad 1 aan Weltevrede Primêr buite Riebeek-Wes. Hy wys vir die courant die Waltham Cross-oes. Dié kultivar is een van die grootste kultivars in die plaaslike tafeldruifbedryf. Ook die parstyd in die Swartland is nou aan die gang. Die druiwe-oes is ‘n paar weke later as gewoonlik, maar tot dusver lyk dit belowend. Sien ook AgriEco Wes-Kaap saam met ‘n fokus op landbou binne.

•verkiesing kom nou vinnig nader

Gaan registreer die naweek as kieser Die finale kieserregistrasiegeleentheid breek die naweek aan wanneer voornemende kiesers in die Swartland en landwyd op Saterdag en Sondag kan gaan registreer met die oog op die naderende algemene verkiesing. Alle Suid-Afrikaanse burgers wat reeds 16 jaar oud is, reeds ‘n ID-boek, ID-kaart of n tydelike ID-sertifikaat het, kan eerskomende Saterdag en Sondag tussen 8:00 en 17:00 by hul stempunt gaan registreer as kiesers, volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK). Almal wat dan op stemdag 18 jaar of ouer is, mag hul demokratiese reg uitoefen deur hul stemme uit te bring. Pres. Jacob Zuma sal na verwagting binnekort die datum aankondig vir die verkiesing, waarin nuwe verteenwoordigers vir die volgende termyn vir die nasionale parlement, bestaande uit die Algemene Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies, asook lede vir die land se nege provinsiale parlemente aangewys sal word. Einde April of begin Mei is reeds as moontlike datums genoem vir die stemdag.

Die OVK is reeds geruime tyd besig met ‘n veldtog om die land se jong mense aan te moedig om te registeer as kiesers. Jong kunstenaars wat by die veldtog betrek is, is Toya Delazy, Anele Mdoda, HHP, Khuli Chana, Jack Parow, Joey Rasdien, Liquideep, Lira, Pabi Moloi, Lalla Hirayama, Siyabonga Ngwekazi, Melinda Bam, Loyiso Bala and Zolani Mohola en Shashi Naidoo. Die Suid-Afrikanse groep Goldfish het vir die klankbaan van reklame gesorg, wat op SABCkanale, eTV en DSTV, asook radiostasies uitgesaai word. ‘’In talle lande die wêreld oor is die jeug berug daarvoor dat hulle bitter moeilik oortuig word om deel te neem aan ‘n demokrasie. In Suid-Afrika is die registrasiesyfers van diegene in die ouderdomsgroep 20-29 jaar bitter laag. ‘‘Dit is tans 54,5%. Vir kiesers van 18 en 19 jaar is dit nog laer op net 22,6%,” lui ‘n verklaring wat die courant van die OVK ontvang het. Suid-Afrika het tans nagenoeg 31 miljoen stemgeregtigde burgers, waarvan net 24 miljoen

geregistreerde kiesers is. In die Wes-Kaap is daar net meer as 2,7 miljoen kiesers geregistreer. Kiesers wat onseker is of hulle geregistreer is, kan ‘n sms met hul ID-nommer stuur na 32810 of bel 0800 11 8000. Diegene wat wil bevestig presies waar hulle op stemdag hul kruisie moet gaan trek, en dus nou gaan registreer, kan die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika se webwerf besoek by www. elections.org.za/content/ of e-pos webmaster@ elections.org.za of bel die tolvrynommer 0800 11 8000 vir nog inligting. Politieke partye mag stemme werf buite registrasielokale die naweek, maar die OVK het dit duidelik gestel dat kiesers onder geen verpligting is nie en mag weier om hul persoonlike inligting aan politieke partye te gee. • Die plaaslike munisipaliteite in die Swartland sal ook kiesers kan bystaan met inligting oor die verkiesing. • Kiesers in die buiteland kry Vrydag ‘n laaste kans om te gaan registreer by ‘n ambassade, hoë kommissariaat of konsulaat van Suid-Afrika.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 5 februarie 2014 by DieCourant - Issuu