Die courant 5 junie 2013

Page 1

courant

tel: 022 487 3221

swartland en weskus Uitgawe 225

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

5 Junie 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Pieter-Steph word Springbok - soos Oupa Piet Spiere

- agterblad

•een van talle malmesbury-ontwikkelings

N7 ‘Mall’ kry groen lig

Met ‘n hele reeks ontwikkelings wat die afgelope maande gestalte begin kry het in en om Malmesbury, is die jongste toevoeging die goedkeuring Vrydag vir die bou van die Streeksentrum aan die noordekant van die dorp. Naas die herbou van die N7, is daar reeds begin met die eerste fases van die Klipfonteinontwikkeling waarvan die Fonteine Village aftree-oord vandag bekendgestel word. Ook die voorgenome nuwe kampus van die Weskus Kollege en ‘n beplande uitbreiding van die bestaande geboue waar Malmesbury SuperSpar gehuisves word, tel onder die toekomsplanne. Die ontwikkeling wat Vrydag, ná ‘n appèlproses, die groen lig by Provinsie gekry het, sluit ‘n streekwinkelsentrum met verhuurbare spasie van 36 569m², ‘n leefstylsentrum (8400m²), ‘n 150-bed private hospitaal, gimnasiumkompleks,

kantoorkompleks (7830m²) asook residensiële eenhede in. Die ontwikkeling van sowat 23 ha sal in fases gestalte kry op die bestaande skougronde, Christelike Privaatskool Malmesbury, asook ‘n gedeelte van die restant van plaas 696. Die hooftoegang tot die ontwikkeling sal uit Voortrekkerweg wees, met ‘n nuwe verkeersirkel en sekondêre toegang vanuit Piketbergweg aan die oostekant. Vroeë aanduidings is dat die eerste fase van die ontwikkeling die streeksentrum aan die noordekant van die perseel min of meer op die huidige plaasgrond sal wees. Die goedkeuring vir die ontwikkeling deur dr. Ivan Meyer, WesKaapse minister van kultuur en sport, is vir 5 jaar geldig. Hy het opdrag gegee dat die meerderheid arbeid vir die ontwikkeling gedoen moet word deur werkers van die histories benadeelde gebiede van Malmesbury en groter Swartland.

Hy maak melding daarvan dat daar oor die konstruksietydperk van ongeveer 13 tot 18 maande ‘n geraamde 900 tot 1200 konstruksiewerkers in diens geneem sal word. Die koste aan arbeid sal ‘n geraamde R165 miljoen beloop waarvan ongeveer 75 % aan laag en medium geskoolde arbeid spandeer sal word. Meyer het ook voorskrifte uitgereik vir die bewaring van plantegroei op ‘n gedeelte aan die oostekant van die perseel. In grootte sal die verhuurbare ruimte (36 569m²) van die goedgekeurde sentrum meer wees as dié van die Weskus Mall by Vredenburg wat luidens hul webblad 34 000m² beslaan. Die ontwikkelaar, Gerry Rehrl, wou hom nie uitlaat oor wanneer daar met bouwerk begin sal word nie. “Ons is tans druk besig met onderhandelings met huurders en moontlike vennote, en sal eersdaags meer klarigheid daaroor hê.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.