die courant, 5 September 2012

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 189

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

5 September 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Moorreesburg hou Skou SKOUKONINGIN: Jacqie Meyer is aangewys die Skoukoningin van die Swartland Skou op Moorreesburg. Haar prinses is Jani Hougaard (regs). Lees binne meer op ons fokusblaaie met berigte en foto’s oor die Swartland Skou op Moorreesburg. Verskeie hoogtepunte maak vanjaar weer deel uit van die Skou. Benewens ‘n verskeidenheid stalletjies sal daar daagliks beoordeling van perde, beeste, skape, sierduiwe en pluimvee plaasvind. ‘n Jeugskou maak ook deel van die verrigtinge uit. Môre is Steve Hofmeyr die aantrekkingskrag, tesame met ‘n vonkelwynontbyt vir dames. Vermaak word op feitlik deurlopende basis in die Wyntuin aangebied, deur onder andere DJ Bradley Pietman, Chris Rain en Ray Dylan in Moorreesburg se vars lug.

LEES BINNE:

Pieter-Steph du Toit praat

Fokus op vroue

Nuutste planne vir Malmesbury-kampus

Nuwe wet tree in werking

Mikro’dots’ nou verpligtend vir sekere voertuie en klarings

Nuwe toevoegings tot die padverkeerswet het Saterdag in werking getree in ‘n verdere poging om misdaad met voertuie hok te slaan.

Hierdie nuwe wetgewing bepaal dat alle nuwe voertuie met die sogenaamde mikro’dots’ gespuit moet wees met elkeen se unieke identifikasie. Die implikasie van die nuwe stelsel, wat reeds oor tyd deur vervaardigers van nuwe voertuie ingefaseer is, behels dat geen nuwe voertuie sonder dié unieke identifikasie verkoop mag word nie. Ook mag geen polisieklarings meer gedoen word alvorens die mikrodotjies op die voertuig aangebring is nie. Die mikrodotjies is 1mm in deursnee en bevat elkeen talle van die betrokke voertuig se unieke identifikasienommer. Die mikrodotjies word deur goedgekeurde geregistreerde agente op die voortuie aangebring in ‘n spesiale spuitproses waarvolgens daar dotjies met slegs een unieke nommer op

die voertuig en onderdele aangebring word. Die dotjies is nie met die blote oog sigbaar nie en die kode op die dotjie kan slegs met behulp van ‘n spesiale skandeerder, met ‘n ultraviolet-lig en ‘n sterk vergrotingstoestel gelees word. Voertuie wat verwys word vir polisieklaring (byvoorbeeld wanneer ‘n enjin vervang is), word ook in terme van hierdie wysiging aan die Padverkeerswet (Wet 93 van 1996) verplig om eers met die identifikasie toegerus te word. Ook is alle handelaars verplig om voortaan enige tweedehandse voertuie wat hulle wil verkoop, met die mikrodotjies te laat identifiseer. Hierdie unieke nommers word dan na die sentrale E-Natis-databasis deurgegee en op die voertuigrekords aangebring. Die mikrodotjies, wat deur sommige die DNA van die betrokke voertuig genoem word, kan ook op enige ander waardevolle item aangebring word. Selfs juwele soos ringe en horlosies kan met

Voorbeeld van vergrote dotjie die stelsel gemerk word. Op ‘n motor word tussen 10 000 en 15 000 mikrodotjies op verskillende plekke aangespuit Elke dotjie bevat die unieke identifikasienom-

mer, bestaande uit 17 syfers of ‘n kombinasie van letters en syfers. Vir nuwe motors is dit die 17-syfer Vin-nommer. Omdat daar so baie dotjies aangebring word, is dit baie moelik om al hierdie duisende kolletjies van een voertuig of waardevolle besitting te verwyder en word dit as ‘n baie waardevolle manier gesien om misdaad hok te slaan en verlore of gesteelde goedere te identifiseer. Daar word jaarliks tussen 80 000 en 90 000 voertuie in Suid-Afrika as gesteel aangemeld. Daar word ook elke jaar duisende voertuie deur die owerhede vernietig omdat hulle nie geïdentifiseer kan word nie. Hierdie nuwe stelsel sal die opbou van voertuie uit onderdele van verskillende gesteelde voertuie baie bemoelik wanneer polisieklaring vir die registrasie verkry moet word. Al word dit nog nie volgens wetgewing verplig nie, staan die die private eienaars van voertuie vry om die dotjies op hul voertuie te laat aanbring by een van die geregistreerde agente.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant, 5 September 2012 by DieCourant - Issuu