die courant

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 176

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

6 Junie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

‘Leerstof nodig vir toetse,

stelsel vir rybewyse moet billik wees’ - raadslid - Slaagsyfer vanaf 6% Die daarstel van leermateriaal vir die gerekenariseerde leerlingrybewystoetse wat as proeflopie in die Swartland in werking gestel is, is een van die grootste aanpas-sings wat deur die munisipaliteit voorge-stel sal word.

Die slaagsyfer van die nuwe gerekenariseerde leerlingrybewystoetse het dramaties gedaal - van sowat 45% tot so laag as 6% met die nuwe toets. Luidens notules van die stadsraad het net 6% van kandidate wat die nuwe gerekenariseerde toets vir ‘n leerlingrybewys in Maart op Malmesbury geskryf het, geslaag, terwyl 86% gedruip het en 8% afwesig was. Dit is ‘n dramatiese daling in die slaagsyfer van die ou geskrewe toets, wat nog landwyd gebruik word. Uit ‘n totaal van 172 kandidate in Maart was die slaagsyfer met die geskrewe toets op Malmesbury 45%, die druipsyfer 40%, met 15% van kandidate wat nie opgedaag het nie. Moorreesburg, met ‘n totaal van 140 kandidate, het persentasiegewys dieselfde resultate met die ou toets in Maart opgelewer, met 45% van kandidate wat geslaag het, 40% wat gedruip het en 15% wat afwesig was. In April het 248 kandidate op Malmesbury afsprake gemaak om die gerekenariseerde leerlingrybewystoets af te lê. Hiervan het net 13% geslaag, 76% gedruip, 9% was afwesig en 2% het uitgestel. Ook in April het 125 kandidate afsprake gemaak om die ou geskrewe leerlingrybewystoets op Moorreesburg af te lê. Hiervan het 54% geslaag, 37% gedruip, 6% was afwesig en 3% het uitgestel. Die nuwe gerekenariseerde toetsstelsel word tans op drie plekke in Suid-Afrika - in die Swartland, op Rustenburg en in Bloemfontein beproef om probleme te identifiseer en regstellings te maak ten einde die minister van vervoer volledig in te lig. Sodra dit afgehandel is, sal die minister ‘n aankondiging doen dat die CLLT-stelsel (gerekenaariseerde leerlingrybewystegnologie) landwyd uitgerol word, het Hennie Mouton, hoof van registrasie en lisensiëring by die verkeersdepartement op Malmesbury, vroeër aan die courant gesê. die courant het ook met raadslid en lid van die uitvoerende burgemeesterskomitee, Chris Hunsinger, gesels. Hunsinger het bevestig dat die gebrek aan leermateriaal een van die grootste leemtes in die nuwe stelsel is. “Ons sal aanbeveel dat daar handboeke of webtuistes met leermateriaal in lyn met die toetse geskep word vir kandidate om hul-

self voor te berei. Ons is natuurlik ten gunste van die daarstelling van ‘n stelsel om motoriste beter toe te rus en te verseker dat die ou feilbare stelsel met herhalende vraestelle vervang word en die moontlikheid van korrupsie beperk word. Dit is egter belangrik dat die nuwe stelsel billik en prakties werkbaar is.” Hunsinger vertel dat die woord versprei dat dit nou te moeilik is om in die Swartland te skryf en kandidate na ander munisipaliteit uitwyk. Met die ou toetse (wat nog elders geskryf kan word) kan kandidate vyf keer die eksamen vir ‘n

leerlingrybewys gaan skryf, en elke keer basies dieselfde vrae kry. Met die nuwe gerekenariseerde stelsel, wat deur E-Natis bedryf word, is daar nagenoeg 1500 vrae, waarvan kandidate 68 vrae met elke probeerslag moet beantwoord word. Die vrae word lukraak roteer. Die toets vir ‘n leerlingrybewys kos R68 en indien ‘n kandidaat slaag, kos dit ‘n verdere R33 vir die uitreiking van die leerlingrybewys. Hunsinger het bygevoeg dat ‘n parallele toetsing met die ou stelsel beter sou wees terwyl die nuwe stelsel ontwikkel en verfyn word voor implementering.

Hanno SA se beste jong T20-speler

Swartlander en oudleerling van Laerskool Swartland, Hanno Kotze, is aangewys as Krieket SuidAfrika se T20 Skolespeler van die Jaar. Hy het gister na Johannesburg vertrek waar hy vanoggend dié toekenning tydens ‘n ontbyt by Summer Place in Sandton sal ontvang. Hanno, wat tans in matriek is in die Hoër Jongenskool Paarl, het vroeër va n jaar ‘n groot rol gespeel in sy skool se sege in die nasionale T20 Skole-toernooi, waar Boishaai die WP verteenwoordig het. Die toernooi word as die grootste skoletoernooi in die land beskou. Hanno het op nommer drie vir sy span gekolf en ook as paaltjiewagter diens gedoen.

Goliath Swartland se eerste vroue’heer’ - 2 Robert haak af met skoolliefde - 3 Viertal broers van Riebeek wys ‘Spiere’ - 16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant by DieCourant - Issuu