die courant 6 Maart 2013 212

Page 1

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 212

die

swartland en weskus

6 Maar t 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

By Wêreldbyeenkoms Sweef:

Die WêreldSkermsweefbyeenkoms het die afgelope week by Porterville ten einde geloop. Leerders van Berghof Primêr in die omgewing het die wegspringstrook besoek en staan hier met benodigd­ hede wat hulle danksy bydraes van Porterville Spar en van die wêreld se voorste skermswewers op besoek aan die Swartland ontvang het. Kontak die skoolhoof, Abie Ockhuis, by berghofprimer@breede.co.za met ‘n e-pos.

•Kleinboere staan voor groot uitdagings

‘Klomp hekkies’- Dürr Met die oudste tipe kleinboer (soos in die volksmond genoem) wat sedert 1880 op hulle grond in Riverlands ‘n bestaansboerdery voer, tot die jongste projekte vir opkomende boere (sedert 2009), wissel die mate van sukses gedurig. die courant het ondersoek ingestel: Kleinboere besluit self op watter landbouterrein hulle sal fokus – varke, bokke, groente, skape of perde. Die kenners is dit eens: Die insetkostes bly dié grootste probleem. Vir die kategorisering van opkomende boere word daar nie gekyk na die grootte van die grond nie, maar na wie se grond dit is. Dit behels boere op hul eie grond, boere wat hul grond ontvang het volgens die “Land Redistribution and Agricultural Development”-proses (LRAD – die Departement van Grondsake se eerste metode om grond toe te ken) of die latere PLAS-proses (“Proactive Land Acquisition Strategy”), wat sedert 2009 grond aan opkomende boere toeken. Dié sogenaamde PLAS-plase word gehuur van die Departement van Grondsake, teen 6% van die produktiewe waarde van die plaas. Ander kleinboere is op staatsgrond, meentgrond en privaatgrond. Die belangrikste vereiste voordat grond toegeken word, is dat die plaas toegang tot water en ‘n bevredigende besigheidsplan moet hê. Voornemende boere word onderwerp aan ‘n keuringsproses, gesamentlik gedryf deur die De-

partemente van Grondsake en Landbou. Boere op hul eie grond, soos byvoorbeeld Goedgedacht Trust buite Malmesbury, het vroeër self die plaas Welbeloon aangekoop en later die proses gevolg om die plaas Middelpos volgens die PLAS-metode te huur, asook Kalbaskraal se groenteboerdery, wat voorspoedig was totdat hul boorgate skielik opgedroog het. Plase wat volgens die LRAD-proses aan kleinboere toegeken is, is byvoorbeeld die agt gesinne van Leliefontein teen die N7 en die 24 Gugulethu Farmers van Dassenberg. PLAS-plase is gebaseer op ‘n besigheidstelsel en boere moet ‘n besigheidsplan saam met hulle aansoek vir die grond indien. Voorbeelde is Klein Môrewag buite Malmesbury en Lelieblom/Witdam, ongeveer 8 km noord van Darling. Kenners stem saam dat waar ‘n strategiese vennoot saam met die opkomende boer werk, is die vordering beter. Klein Môrewag, met Paardeberg Cellars as strategiese vennoot, is ‘n goeie voorbeeld van opkomende boere wat suksesvol voortgaan. Die boere van Riverlands, wat sedert 1880 ‘n bestaansboerdery bedryf op grond van Kaaplandse Natuurbewaring en die Departement van Openbare Werke, asook die Riebeeck-Vallei Spe­ siale Skool in Riebeek-Wes, is voorbeelde van voedseltuine op staatsgrond. Boerdery op meentgrond (wat aan die mu-

nisipaliteit behoort) is byvoorbeeld die Malmesbury Kleinboere, die Darling Kleinboere, die Riebeek-Kasteel Gemeenskapstuin en Illingu Lethu se groenteboerdery – bestaansboerdery is hoofsaaklik die oogmerk hier. Opkomende boere word deurlopend deur die Departement Landbou ondersteun om voedselsekuriteit te verseker: Dit behels finansiële steun op die plaas, verkorte opleidingskursusse by FET-kolleges asook die stelsel van strategiese vennote, waar bestaande boere deurlopende advies en ondersteuning aan kleinboere gee – insette wat die opkomende boer deurlopend ondersteun. Strategiese vennote in die Swartland is byvoorbeeld Riebeek Cellars, Paardeberg Cellars en Langa Livestock Farmers te Ganzekraal, wat die Gugulethu Farmers bystaan. Opkomende boere se grootste probleme is die insetkostes, water en 'n tekort aan strategiese vennote. As die boorgat opdroog, of ‘n handpomp breek, kan dit nie altyd dadelik herstel word nie en vertraag dit die proses. Tog stem kenners saam dat elke plaas baie potensiaal het: “Die goeie nuus is dat die kanse tot sukses wel bestaan,” sê John Dürr van die Rooivleis Produsentevereniging. "Die kleinboere moet oor ‘n klomp hekkies kom, maar die suksesverhale van opkomende boere, veral met behulp van die strategiese vennote, bestaan wel!” Foto op bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 6 Maart 2013 212 by DieCourant - Issuu