courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
dié
1
4 November 2015
Uitgawe 345
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Fotografie:
Die Malmesbury Museum se foto-uitstalling met die tema "Swartland Landskap" word vanaand geopen met 'n geselligheid waar fotograwe sal gesels oor aspekte van dié kunsvorm. Kaartjies vir vanaand beloop R70 en sluit ligte verversings in. Die uitstalling duur vanaf môre tot 13 November. Die foto bo van die eensame strooibaal is Sondag buite Riebeek-Wes geneem.
• WACS skep werk, WIFI by Yzerfontein
Datastoor @ R340m Die Swartland Munisipaliteit se burgemeesterskomitee het die verhuring van ‘n stuk grond by Yzerfontein vir ‘n tydperk van 20 jaar goedgekeur vir die oprig van 'n datastoorsentrum. Umfiki Investment Corporation (Pty) Ltd sal die sentrum oprig en die belegging aan Infrastruktuur en Kommunikasietegnologie (ICT) beloop R340,3 miljoen. Die WACS (West Africa Cable System) is vier jaar gelede by Yzerfontein aan land gebring en die datasentrum, wat volgens aanduidings teen die einde van 2016 voltooi sal wees, sal gebruikers van dié kabel bedien. Die grond, ‘n gedeelte (± 2,7203 ha) van Gedeelte 32 van die Plaas 560 Yzerfontein, is naby die ou vullisterrein geleë. Die stadsraad het vroeër vanjaar tenders aangevra met ontwikkelingsvoorstelle vir die ontwikkeling van die grond. Weens die gesogte ligging van die grond en ten einde optimum voordeel vir die streek te bewerkstellig, is daar
besluit om die grond eerder vir langtermyn-verhuring (en nie vervreemding nie) aan te bied. Die ontwikkelingsvoorstelle moes komplementerend tot die bestaande WACS-kabelinfrastruktuur in die omgewing wees. WACS (West Africa Cable System) is ‘n ondersese kommunikasiestelsel wat Suid-Afrika met Engeland verbind. Die kabel is 14 530km
lank en strek van Yzerfontein al langs die Weskus van Afrika tot by Londen. Daar is slegs een tender, dié van Umfiki, ontvang is. Hiervolgens sal huurgeld van R360 000 (BTW uitgesluit) vir die eerste jaar betaal word. Die Munisipaliteit sal ook 1% van die jaarlikse omset van die maatskappy ontvang tot die mate wat dit die jaarlikse huurgeld oorskry. Nog voordele is die skep van werksgeleenthede (5000 tydelike persoonsdae) tydens konstruksie, asook 27 permanente werksgeleenthede ná konstruksie. Indirekte voordele vir die Munisipaliteit sluit in rakspasie by die sentrum, geraam op R180 000 per jaar, asook gratis toegang tot WIFI in ‘n 25km-radius van die perseel in. Die rehabilitasie van die stortingsterrein, (na raming sowat R5,77 miljoen) sal ook deur Umfiki betaal word.
Sakekamer wys Wesbank RVK Swart Mamba Malmesbury se vereer sy blink met finaliste aan uitblinkers Angus
NUUS • NEWS
4 November 2015