Die courant 6 november 2013

Page 1

courant

Gratis • Free

swartland en weskus Uitgawe 247

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

hugenotestraat 24, malmesbury

6 November 2013

tel: 022 487 3221

Malmesbury se Top-diensverskaffers in 2013

WENNERS:

Die Malmesbury Sakekamer het Vrydagaand sy Diensverskaffers van die Jaar tydens ‘n gala-aand aangekondig. Van links staan Tertius Viviers en Adri Viviers van Build It (wenner: Medium Besighede), Wessel Badenhorst en Nelia en David Kirsch van Pick n Pay (wenner: Groot Besighede) en Derik Swanepoel en Leon Louw van Hi-Q (wenner: Klein Besighede).

NOG WENNERS BINNE

•Nog onsekerheid oor graan-opbrengs

Oestyd in Swartland ‘n Gemiddelde koringoes van 2,7 ton per hektaar word tans in die Swartland verwag, maar weens klimaatsfaktore gedurende die jaar, heers daar nog baie onsekerheid oor die finale oesgrootte, volgens Johan de Lange, hoofbestuurder: produkte van Kaap Agri. Tans word die verwagte koringoes in die WesKaap op 883 500 ton oftewel 2,9 ton per hektaar geraam. Die koringaanplantings in die Swartland is 8% hoër vergeleke met die 2012/13-aanplantings. Die Swartland het vanjaar onderskeidelik 63% van die koring in die Wes-Kaap-provinsie en 37% van die koring in Suid-Afrika aangeplant. Daar is verlede jaar nagenoeg 12 000 hektaar kanola in die Swartland aangeplant en nagenoeg 170 000 hektaar koring. ‘n Gebrek aan voldoende reën gedurende Meimaand vanjaar het veroorsaak dat die planttyd later as gewoonlik was. “Verder het ge-

Bly kreatief sê Bruwer

saaides ook later opgekom en die opkoms op sommige lande was baie ongelyk. “Bogemiddelde reënval het weer gedurende Augustusmaand voorgekom. Die gemelde twee faktore veroorsaak nou dat oestyd seker ‘n goeie twee weke later is as gewoonlik,” het De Lange by navraag aan die courant geantwoord. Swartlandse boere het vroeër vanjaar na die swaar Augustus-reëns aan die courant gesê op plekke waar die grond nie goed dreineer nie en die oorvloed reënwater vir dae en selfs weke in die koringlande staan voor dit wegsak, vrek die koringplante en word groot skade aangerig. “Koringprysvlakke gedurende vanjaar se planttyd het bygedra om aanplantings te stimuleer. Daar is ook meer koring in ander WesKaapse streke soos die Suid-Kaap en Overberg aangeplant, wat veroorsaak dat daar in die WesKaap as provinsie vanjaar 8,8% meer koring as die vorige seisoen, ofte wel ongeveer 300 000

hektaar koring meer, aangeplant is.” Nasionaal beskou het die Wes-Kaap as provinsie vanjaar 60% van die koring in SuidAfrika aangeplant. “Dit is nie dat die Wes-Kaap soveel meer koring geplant het nie, inteendeel, koringaanplantings in die Wes-Kaap het gedaal sedert 5 jaar gelede. Dit is eerder ‘n geval dat die res van die land soveel minder koring aanplant. Die ander streke plant nou meer mielies en sojabone,” lui De Lange se e-pos. Kanola-aanplantings styg steeds van jaar tot jaar. Die Overbergers en Suid-Kapenaars het ongeveer 50 000 hektaar geplant, terwyl die Swartlandse boere ongeveer 15 000 hektaar aangeplant het. Gedurende die vorige seisoen is daar 45 000 hektaar in die Wes-Kaap geplant. “Feitlik alle kanola in Suid-Afrika word tans in die Wes-Kaap-provinsie aangeplant,” volgens De Lange se inligting.

Gesprek oor Spairs hou N7-wisselaar prysuitdeling


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.