courant swartland en weskus
die
Uitgawe 270
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
tel: 022 487 3221
7 Mei 2014
Duisende besoekers en Swartlanders het die naweek weer op Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes byeengekom vir die hoogtepunt op dié vallei se jaarlikse kalender. Hier klink Nettania Blom en Koos O’Kennedy van Malmesbury (voor) by Kloovenburg ‘n glasie saam met Lana en Stephaan du Toit van die Paarl. Regs agter staan Jacques Badenhorst van Wellington. Sien fotobeeld op bladsy 12 en 13.
Klink ‘n glasie op olywe... •Portervillers haas voor naderende reën
Boere saai fluks Sondagaand se 4 mm reën was welkom vir die gesaaides, maar die 10 of 20 mm reën wat voorspel is, sal nog meer waardeer word, het Aletta Visagie van Visagie Boerdery by Porterville by navraag aan die courant gesê. Sy is die vrou van Willem Visagie, een van die groot saaiboere in die Swartland, wat reeds oor die 2100 hektaar koring en kanola gesaai het. Volgens Aletta is ‘n gedeelte van oor die 1000 ha by Saron klaar gesaai, asook grond naby die Voorberg Gevangenis. Langs die Eendekuil-pad is daar ook ‘n stuk van nagenoeg 1000 ha. Die Visagies se opstal is op die Jakkalskloofpad tussen Porterville en Piketberg. Willem is reeds die derde geslag graanboer op die grond sedert hy in 1981 sy pa opgevolg het. Aletta is veral dankbaar oor die goeie reëns wat in Maart geval het. ‘’Dit laat mens met ‘n
Swartland ruk op na stembus
lekker gemoed saai. Nog ‘n bietjie reën gaan nou baie welkom wees, veral vir die kanola wat reeds ontkiem het.’’ Hul seun Hein (30) is die vierde geslag wat nou saam met hulle boer. Hy het na skool eers sy B.Rek op Stellenbosch behaal en sy klerkskap gedoen voordat hy hom op die plaas aangesluit het. Volgens Hein is hy reeds 60% klaar gesaai. Hy het op 14 April begin kanola saai en op die 25ste klaargemaak. Daarna het hy op 26 April begin koring saai en behoort, as dit nie reën nie, teen 16 Mei al die koring in die grond te hê. Gedurende die saaityd word daar van Maandag tot Saterdag, soggens van 4:30 tot saans 21:00 gewerk. Oor bemesting het Hein verduidelik: ‘’Ons gebruik nou vloeibare kunsmis. Dit gee baie
Wêreldviolis op Darling
minder probleme as die korrelkunsmis. Die onkruiddoders is belangrik om die raaigras te beheer. Die trekker loop net een keer oor die land en doen alles op een slag. ‘’ Org Kellerman van die plaas Keerom, sowat 10 km buite Porterville, sê dit gaan ‘’voorspoedig’’ met die saaityd. ‘’Ons het maar die normale probleme van goed wat breek, maar dis hanteerbaar.’’ ‘’Ek is gelukkig klaar met die kanola en ‘n derde van die koring is reeds in die grond.’’ Kellerman sê die parstyd wat laat was het nie die begin van die saaityd vertraag nie. Hy is besig om sy wyndruiwe uit te faseer. ‘’Die geld was nie die moeite werd nie, maar die pryse daar begin darem nou weer optel.’’ ‘’Ons moet nou net soveel as moontlik koring in die grond kry, want ek sien hulle voorspel reën vir Donderdag en Vrydag en vir volgende week.’’
Johann Rabie wen bergren