Die courant 7 oktober 2015 341

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Swartland

7 Oktober 2015

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 341

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Lê in met die knippers

Die Swartland en Bergrivier is bedrywig op alle gebiede van die landbou. Op die hakke van skeertyd loop die skape sonder hul woljasse rond en op die landerye word die koring platgesny.

• ‘ONS GAAN BAIE LEER’

Boere bly positief Ons weet nie hoe die jaar gaan uitdraai nie, maar ons gaan beslis baie leer. Só sê Gert Claassen, landbouer van die Swartland. Hy was een van die blok-beoordelaars by verlede week se Koringproewedag. Sowat 70 landbouers het die dag op Grasrug van Michiel Smuts saamgetrek. In die omgewing van Piketberg en Eendekuil krap die boere kop oor die oes. Nogtans staan die landbougemeenskap nog nie hoed in die hand nie en bly hulle positief. Die gevoel is ondersteun deur ds. Jakobus Snyders van die Malmesbury NGK Moedergemeente, wat die dag geopen het. Hy het Paulus aangehaal oor God se onvoorwaardelike liefde vir die mens. “Dieselfde is nie altyd waar van ons nie: Dalk is hierdie droogte een te veel vir ons liefde. “Ek sou graag wou sê alles gaan uitwerk: Daar

gaan genoeg reën val, die oes gaan goed wees. Maar wat ek weet, is dat die Here krag sal gee. Kom ons loof Hom vir wie Hy is – aan Sy liefde is daar geen einde nie.” Die groep het hierna deur die distrik gery en landerye op De Grendel, Houmoed, Papkuilsfontein, Bakenfontein en Nuwerus en meer besigtig. Die menings het gewissel van teleurgesteld tot versigtig optimisties. Soos een dit gestel het: “Dit lyk verbasend goed vir so ‘n droë jaar.” Die ligter oomblikke het ook nie agterweë gebly nie. Op een plaas het die boer gewys hoe bolwurm en luis op die blare baljaar. “Ja,” het een laat hoor, “my werkers wou gister spuit, maar ek het gesê as die goggas hulle pla, moet hulle dit maar doodslaan!” Dit is reeds hierdie bestuurskeuses waarvoor

boere nou te staan kom. Louis Coetzee het in sy bespreking van die studiegroepdata gesê dit is die insetkoste wat die seisoen se bestuur moeilik maak. “Dit is in jare soos vanjaar wat elke aksie tel.” Hy het 2015 as ‘n unieke jaar beskryf. In die Malmesbury-omgewing was Junie ideaal: Daar was genoeg ryp en die plante het goed gestoel. Die reën was min en hier het hy dit vergelyk met twee histories-droë jare: 1978 en 1937. “Tog was die reën in Junie en Julie vanjaar meer gunstig en die temperature was ook laer. “Ek hoop en bid ons haal ‘n oes af.” Coetzee meen boere het oor die algemeen bietjie konserwatief bestee, “al het ons agter potensiaal aan bestee”. Hy sê wat ook in boere se guns getel het, was dat bemesting en chemikalieë se pryse effe gedaal het.

NUUS • NEWS

7 Oktober 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.