courant swartland en weskus
die
Uitgawe 266
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
9 April 2014
tel: 022 487 3221
• uitdagings spoor kortje’s aan
Arts-broers weer tuis in Swartland
Gershwin en Renaldo Kortjé het grootgeraak op Mal mesbury en keer nou terug as huisdokters.
Vir dr. Renaldo Kortjé het daar Saterdag ‘n nuwe bedeling aangebreek toe hy sy praktyk in Wesbank geopen het. As ‘n boorling van Malmesbury wat eers by Vrolike Vinkies skoolryp geraak het en daarna St Thomas Primêr en Wesbank Sekondêr bygewoon het, kom hy nou terug ‘huis toe’ om die gemeenskap hier te dien. “Ek het as kind hier om die draai in my ouma se agterplaas gespeel en toe nooit kon dink dat my praktyk eendag ‘n hanetree van daar sou wees nie,” het Kortjé verlede week vertel terwyl die geluide van die laaste herstel- en bouwerk aan sy kamers rondom hom opgeklink het. Na sy studies aan die US, het Renaldo eers sy internskap (‘n twee jaartydperk) in Port Elizabeth voltooi voordat hy in Worcester sy gemeenskapsdiensjaar voltooi het. “Hier het ek in die Eben Donges-hospitaal gewerk, en ook by die groter en kleiner klinieke en die plase. “Daarna was ek vir 18 maande by Somersethospitaal in Groenpunt, in die ongevalle-afdeling. Dus het ek nou goeie ondervinding van die breë spektrum ... kliniek- en hospitaalwerk, die rustiger praktykwerk op die platteland asook die nood en dood van ongevalle in die stad.” Renaldo se jonger broer Gershwin is nou besig met sy laaste gemeenskapsjaar by Tygerberg-
Skoolhoof Reginald Kortjé en sy vrou Gail se kinders keer nou terug as huisdokters na Malmesbury. hospitaal en sal as jong mediese dokter hom aan die einde van die jaar by dié praktyk aansluit. “Dit was al die jare ons plan om terug te kom Malmesbury toe. Ons glo dit is nou die regte tyd,” verklaar Renaldo. Beide broers is reeds vir jare betrokke by Wesbank-rugbyklub: “My pa het lank vir die klub gespeel en het later hier afgerig. Nou lewer ek en Gershwin mediese bystand tydens en ná die
wedstryde en ons help ook met die rehabilitasie van beserings. Ons het pas ‘n kontrak met die klub gesluit om voort te gaan met dié dienste.” Watter belofte hou dié jong dokter in vir die gemeenskap van Malmesbury? “Ek het baie ondervinding van ‘n breë spektrum mediese behoeftes, ek bied ‘n spesiale kontant-aanbod van R220 per besoek (medika sie by die aangrensende Wesbank-apteek is ingesluit), asook gewone mediese fonds-tariewe. “Ek hou van uitdagings, ek kom gemaklik oor die weg met mense van alle ouderdomme en pasiënte kan ontspan by ons. As hulle siek voel, sal ek (en later my broer) hulle beslis help. “En ek het ‘n baie mooi handskrif!” • Renaldo en Gershwin is die seuns van Reginald en Gail Kortjé, onderskeidelik hoof en leerkrag by Wesbank Sekondêr op Malmesbury. Gevra oor die trotse hart van ouers oor twee seuns wat hul mediese studies suksesvol voltooi en terugkeer na hul tuisdorp, sê Kortjé senior: “Wat my trots sal maak, is as hulle toegespits bly op diens aan die gemeenskap, as hulle getrou bly aan hul opvoeding en hul waardes steeds eerste stel voor geld maak; as hulle met simpatie en empatie werk! Want waardes is die be langrikste – daarsonder kan jy nie!”
KaapAgri bring hulde aan Corwyn Botha
Bergrivier pas tariewe aan met 8%
Chrispin gesels oor sy fietsry in Europa