Die courant 9 des 2015 350

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Swartland

dié

1

9 Desember 2015

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 350

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Kersfees met Kevin

Die bekende minnesanger Kevin Leo kuier vandeesweek in die Swartland. Ná sy optrede gisteraand by Kontreispens op Malmesbury sing hy vanoggend saam met die skoolkoor by die jaarafsluitingskonsert van Laerskool Swartland. Hier kuier hy saam met drie jong Kersfeesmaats, Lyla Geldenhuys (5), Charl Bezuidenhout (3) en Leandrie Koch (5) van Kammaland speelskool op Malmesbury. Intussen is die strate van dorpe in die Swartland opgevrolik met Kersliggies.

• Lemme draai vir opleiding

Lugambulans verlig nagnood Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, saam met die 'SA Red Cross Air Mercy Service" is besig met 'n projek waar nuwe nagvisie-stelsels in die lugambulanse gebou word. Die eerste fase hiervan het Maandag op Malmesbury vanaf die Swartland Hospitaal se perseel afgeskop. Voorheen was slegs die dagdiens beskikbaar, maar dit sal nou versterk en ondersteun word deur die nagvisie-toestelle wat reddingswerk in die donker sal vergemaklik. Dié stelsel is oorspronklik ontwerp om in die militêre omgewing gebruik te word. Nagvlugte is gevaarliker as dagvlugte weens die tekort aan visuele aanwysings wat die loods en bemanning toelaat om hulself te posisioneer.

Met die nagvlugte oor residensiële gebiede is daar baie onbekende obstruksies, soos hyskrane, maste, uitsaaitorings en meer wat dit gevaarliker maak. Die opleiding het amptelik Maandag afgeskop en sal duur tot 12 Desember. "Ons doen 'n beroep op die gemeenskap om asseblief verdraagsaam te wees met die toename in geraas van die helikopters. "Ons besef dit kan 'n steurnis wees, maar die opleiding is van kardinale belang vir die veiligheid van die loodse, bemanning en pasiënte aan boord," sê Vanessa Horn van AMC. Die helikopter sal Donderdag oor Piketberg en Vrydag weer oor Malmesbury met opleiding besig wees en sal hierna beskikbaar wees vir nag-operasies en redding.

Waterperke waarskynlik werklikheid

Maatreëls om water te bespaar sal waarskynlik vanoggend tydens ‘n spesiale raadsvergadering van die Swartland Munisipaliteit aangekondig word. In ‘n verslag van die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, wys hy daarop dat damme tans vinnig leegloop. ‘n Paar munisipaliteite (soos Drakenstein en Stellenbosch) het reeds beperkings afgekondig en die Stad Kaapstad sal na verwagting eersdaags volg. “Hoewel die aanduiding van die Departement Waterwese en Sanitasie nie dui op die onmiddellike implementering van water besparingsmaatreëls vir die Voëlvlei-skema nie, vereis die droogtetoestand dat daar pro-aktief opgetree moet word.” Die siviele department doen aan die hand dat Vlak 1-maatreëls ingestel word, ten einde ‘n 10%-besparing te probeer bewerkstellig. Dit beteken: • die gebruik van drinkwater om tuine, sportvelde, parke en enige ander gras-beplante areas op enige dag tussen 08:00 en 17:00 nat te maak of te besproei, word verbied; • die gebruik van drinkbare water om enige harde of geplavleide oppervlakte af te spuit, word verbied; • tuinslange wat nie aan ‘n selfsluit-meganisme gekoppel is nie, mag nie onbeman gelaat word as tuine, parke, sportvelde of ander areas natgemaak word nie; • tuinslange wat vir die was van voertuie, bote en karavane gebruik word, moet aan 'n outomatiese selfsluit-meganisme gekoppel wees; • toevoer na alle outomatiese spoelurinale moet toegedraai word in alle geboue gedurende tye wanneer die publiek of personeel sodanige geboue normaalweg verlaat. Indien die raad die voorstel aanvaar, sal ‘n openbare kennisgewing in die media geplaas word, asook op die webtuiste en Facebook-blad van die munisipaliteit. Dit sal ook by biblioteke en betaalpunte van die munisipaliteit vertoon word.

NUUS • NEWS

9 Desember 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 9 des 2015 350 by DieCourant - Issuu