c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
?%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
9 Maart 2016
Bergrivier
swartland en weskus Swartland
dié
1
Uitgawe 360
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Marais open Astro
Ná jare se harde werk, fyn beplanning, naelbyt-onderhandelinge en fondsinsamelings is die Hoërskool Swartland op Malmesbury se astro-hokkieveld Saterdag geopen. Dié veld, wat sowat R6 miljoen sal kos om te vervang, is die eerste van sy soort in die hele Weskus-streek. Regs: Die Wes-Kaap se minister van Sport en Kultuursake, Anroux Marais (middel), het die veld geopen met 'n die knip van die lint waarna sy simbolies die eerste doel geskiet het. By Marais is die Swartland Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, en skoolhoof Dirk Marais. Sien berig en foto's op bladsye 7-9. Hooffoto: Bertie Brits
•dept wil volhoubare bestuur toepas
Waterbronne bekyk Die Departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) is besig met ‘n landwye opname oor water gebruik. “Ons het akkurate en betroubare inligting nodig om waterbronne volhoubaar te bestuur,” het Ashia Petersen, die waarnemende hoofbestuurder van die Berg/Olifants-opvangsgebied gister op Moorreesburg gesê. Sy sê die proses raak landbou- en munisipale rolspelers. “Dit is ‘n vennootskap en het verantwoordelike water gebruik ten doel. Almal sal hierby baat.” Die Departement beoog om groter gelykheid te bewerkstellig in die toegang tot die ekonomiese voordeel van watergebruik. Die projek sal allereers die omvang van bestaande wettige watergebruik bepaal. “Met die huidige water-uitdagings wat die land in die gesig staar, is dit belangrik om wa-
tergebruikers te bepaal en te verifieer dat water gebruik word volgens die lisensie-voorwaardes. Daar sal ook dan bepaal word hoeveel bykomende water beskikbaar is vir nuwe gebruikers. Die projek sal oor 'n jaar strek en in dié tyd sal die Departement munisipaliteite, plase en ander nywerhede besoek. Die volume van water wat deur die bestaande gebruikers geregistreer is, sal nagegaan word, asook die wettigheid onder vorige wetgewing. Verifikasie sal ook help om die onwettige gebruik van water uit te skakel en moontlik nuwe waterbronne vir nuwe wateraansoekers beskikbaar stel. "Die bestuur van waterbronne sal verbeter sodra die proses voltooi is." Sy het verduidelik dat die Berg/Olifants waterbestuursarea die gevolg is van die samesmelting van die voormalige Berg-bestuursarea en die Olifants/Doorn-area. Die nuwe bestuursarea word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die
suidweste, die Oranje-bestuursarea in die noorde en ooste en die Breede/Gouritz-area in die suide. Die grootste gedeelte val in die Westelike Provinsie, met die noord-oostelike stukkie wat in die Noord-Kaap val. Volgens die Wet op Water (1998) word die land in nege bestuursareas verdeel. Hulle is verantwoordelik vir die bestuur van waterbronne op grondvlak (in die opvangsgebiede). Landbouers sal voor die einde van Mei 'n brief ontvang waarin hul huidige watergebruik, volgens die Departement se inligting, aangedui word. Hierna volg 'n proses waar watergebruik (besproeiing, damme, boorgate) nagegaan sal word. Die aanvanklike inligting wat gebruik gaan word, dateer uit die laat negentigerjare. Daar sal 'n proses van gesprekvoering met die Departement wees, waarna 'n finale brief sal volg. Die Departement kan geskakel word by 021 941 6100.
NUUS • NEWS
9 Maart 2016