courant
gratis
tel 022 487 3221
Uitgawe 149
die
swartland en weskus
9 November 2011
hugenotestraat 11, malmesbur y
Beste Diens
1877-geskrifte soek herberg Gesprek met Raadslid Geel (My) Swartland en nuwe wyne
Die Malmesbury Sakekamer het Vrydag op hul jaarlikse gala-dinee die wenners van die Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie aangewys. Santa-Marie Walters het Geard Apteek se prys as wenner in die medium besighede ontvang. Malmesbury Superspar is aangewys as die wenner in die groot besighede-afdeling. Albie Coetzee en Des Möller (middel) het die prys in ontvangs geneem. Heel regs is George Retief van Malmesbury Kwekery wat die wenner in die klein besighede-afdeling was.
WK Kollege soek nog nuwe perseel Die Weskus-kollege op Malmesbury se tekort aan klaskamers word nou op ‘n spits gedryf weens die beplande sloping van ‘n gebou in St Thomasstraat, waarin studente tans klas loop. Hoewel die kollege ver gevorder het met onderhandelinge met die Laerskool Swartland om hul bestaande koshuis, Huis Landman, oor te koop met die doel om die hele kollege op een terrein te huisves, moes daar van dié planne afgewyk word toe die kooptransaksie nie goedgekeur is nie. Hennie Weideman, skoolhoof van Laerskool Swartland, het Maandag verduidelik dat ‘n nuwe koshuis op die terrein van Huis Basson in Moorreesstraat só gebou sou word dat dit later in vier klaskamers omskep kon word, as die koshuis-funksie dalk later sou verval. Volgens Weideman was die argitek-ontwerp al afgehandel en was die transaksie reeds by die prokureurs toe die Departement van Onderwys aangedui het dat hulle nie hulle weg oopsien om ‘n bestaande koshuis te vervreem en ‘n ander een te bou nie. Die proses moes toe gestaak word. By navraag het die woordvoerder van die Weskus-
kollege op Malmesbury, Gert Witbooi, verduidelik dat klasse in Onderwys en Ontwikkeling, sowel as kantoor-administrasie-studente deur die sloping geraak word. Witbooi en die kollege se hoof uitvoerende beampte, me. Osma Jooste-Mokgethi, het beklemtoon dat geen kursusse volgende jaar gestop of tydelik na ‘n ander kampus verskuif sal word nie “Ons sal dit steeds aanbied, al is dit by alternatiewe akkommodasie en geen dosent sal weens die verskuiwing van die fasiliteite hul werk verloor nie,” het Witbooi en Jooste-Mokgethi gesê. Oor die oorkoop van Huis Landman wat nie gerealiseer het nie, het hulle gesê: “Ons is gedurig op soek na alternatiewe akkommodasie tot tyd en wyl ons nuwe kampus-geboue opgerig word. Ons is besig met onderhandelinge, maar kan op hierdie stadium niks meer as dit sê nie. Die kollege is verbind tot die gemeenskap van Malmesbury en onderneem om hard te werk om oplossings te vind sodat ons studente geen ontwrigting in hul studies sal beleef nie.”
Kersfees vir kinders
Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het daad by die woord gevoeg en Maandag self betrokke geraak by die ‘Kersfees vir Kinders-projek’ van die courant en vyf Spar-winkels in die Swartland. Met dié projek kan inwoners op Malmesbury, Moorreesburg, Riebeek-Wes, Porterville en Darling R50-geskenke vir kinders
van baba tot 18 jaar in houers, wat vir dié doel aangebring is, voor 8 Desember in die Spar in hul dorp plaas. Geskenke wat op ‘n dorp ontvang word, word op daardie dorp versprei, sodat elkeen wat iets skenk, ‘n verskil kan maak in dié dorp waarin hy of sy woon. Vir navrae, kontak die Spar op u dorp of skakel die courant by 022 487 3221.