courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
dié
1
9 September 2015
Uitgawe 337
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Wonderwerk op Porterville verfilm Bl 3 Skoonhede:
Die Swartland Skou op Moorreesburg skop vandag af en die skoonhede wat vanjaar die kroon dra as die mooistes van mooi is Chantel de Bruyn van Wellington (links) met Raché Stofberg van Moorreesburg as haar prinses. Die twee sal as ambassadeurs van die Swartland Skou oor die volgende paar dae optree. Foto: Ghida Visser
Ysterbene trap unieke Bo-Berg-roete Die Piket-Bo-Berg Bergfietsuitdaging (Cycle Challenge) vind Saterdag plaas. Bergfietsryers en drawwers kry slegs een keer per jaar die geleentheid om dié eksklusiewe paaie wat hierdie pragtige omgewing bied om te verken en te geniet - ‘n geleentheid wat nie misgeloop mag word nie. Deelnemers kan daarna uitsien om tussen vrugteboorde met pragtige bloeisels, fynbos in volle blom te vleg, met verskeie asemrowende uitkykpunte waarvandaan jy tot Tafelberg en die see kan sien as die weer saamspeel. Elke stukkie van die roete het ook ‘n unieke naam met ‘n storie daaraan gekoppel wat bydra tot die uniekheid van die uitdaging. Die tradisie in die omgewing is dat die persoon wat eerste ‘n spreekwoordelike ‘stukkie grondkoop’ op daardie roete die voorreg het om ‘n naam vir daardie stukkie roete te benoem. Die roetes beweeg oor drie plase op die berg en dié plaasboere is opreg trots om hierdie roetes met die gemeenskap te deel. Daar is verskeie
afstande wat verseker dat niemand oorgeslaan word op die dag nie. Daar is ‘n 63 km, 37 km, 27km en ‘n 10 km pretrit vir die die jonges en diegene jonk van gees. Wees gewaarsku dat die 63km werklik ‘n uitdaging van uithouvermoë en spierkrag is. Gaan loer gerus na die tegniese riglyne van elke afstand op die webblad. Die geleentheid bied ook nou die tweede opeenvolgende jaar twee drafroetes aan: 16km vir meer fikse drawwers en ‘n 8km-pretdraf met ‘n pragtige hoogtepunt wat uitkyk op die hele Mouton’s Vallei-plaas. Daar is ook vanjaar ‘n gesellige kuiertent wat vir die toeskouers skaduwee en ‘n heerlike atmosfeer skep soos hulle die moeë deelnemers terugverwelkom. Daar is hope pryse op die spel vir die wenners in elke kategorie en ‘n gelukkige trekking waar almal ‘n kans staan om te wen. Die prysuitdeling en gelukkige trekking vind
om 14:00 plaas. Die hoofdoel van die dag is om geld in te samel vir die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging. Hulle doen ontwikkeling in die plaaslike gemeenskap en is betrokke by koördinering van gesondheidsinisiatiewe, bewusmaking van die gevare van dwelm- en alkoholmisbruik, ondersteuning vir skoolgaande jeug, die verskaffing van opleiding en ontwikkeling van die plaasgemeenskap, die verbetering van openbare vervoer op die berg en die bestuur van die plaaswerkersforum. Registrasie begin Saterdag om 06:00 by Mouton’s Valleiplaas. Ryers kan vooraf op die webblad inskryf of Saterdag by die registrasiepunt. Daar is ook T-hemde te koop teen R150 ten bate van die Inwonersvereniging. Let asb dat daar geen kitsbank-geriewe beskikbaar is nie. Besoek gerus www.piketbobergcyclechallenge.com vir meer inligting.
NUUS • NEWS
9 September 2015