c urant
Gratis • Free
Bergrivier
Weskus se 1ste keuse
dié
1
24.4%
22 Junie 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 375
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Watervlakke styg
Die vlakke van damme in die Wes-Kaap het ná die afgelope week se reënbuie met sowat 5% gestyg. Die Voëvleidam, die Swartland se hoofbron van water, staan nou volgens die departement van waterwese se syfers op 24.4% in vergelyking met verlede week se 20%. By Sonkwasdrift, wat sowat 6km vanaf die Voëlvleidam vloei, het die watervlak ook aansienlik gestyg en oor die laagwaterbrug gespoel. Die inlas links is verlede jaar op dieselfde plek gedurende die Berg Kano-marathon geneem.
• nuwe uitdagings vir nuwe geleenthede
Patat en snoek lóóp Die Goedverwacht Snoek- en Patatfees is ‘n jaarlikse instelling op menigte se kalender. Sedert dit meer as ‘n dekade gelede van stapel gestuur is, het dit net van krag tot krag gegaan en is Goedverwacht vanjaar die gasheer van die 16de jaarlikse fees. Dit is ‘n toonbeeld van wat mense wel in staat is om te vermag as hulle hulself ekonomies organiseer en entrepreneuries omgaan met die hulpbronne tot hul beskikking. Dis ook ‘n leerskool vir baie gemeenskappe wat dink dat dit alleen die regering se verantwoordelikheid is om ‘n beter lewe vir die landsburgers te skep. Christo van der Rheede, Adjunk Uitvoerende Direkteur van AgriSA, is die beskermheer van dié fees en sien uit na hierdie naweek se samekoms. Volgens Merle Dietrich, organiseerder, is die Snoek- en Patatfees die grootste gemeenskapsfees in die land. Die fees groei jaarliks, want jaar na jaar word die winste weer herbelê in die fees om vooruitgang te verseker. Dié deel van die Bergrivier was ook vroeër vanjaar in die nuus toe dit as 'n droogtegeteisterde gebied gemerk is. Die organiseerders het die nood raakgesien en besluit om die fees te ge-
bruik om ook weer in die landbou terug te ploeg. Die Graad 3- en 4-patats, wat kolletjies en merke het, sal opgesny en gedroog word. Dit sal weer gebruik word as veevoer. "Ons gaan later ook boontjies plant en droog en dit ook as voer gebruik," verduidelik Dietrich. "Ons is baie geraak deur die droogte en dit gaan ons sekerlik twee jaar neem om hier uit te kom. Daarom moet ons voorsien vir die toekoms, vir as dit weer gebeur," sê sy. Verlede jaar het die fees ses permanente werkers gehad. Vanjaar sal dié syfer op 20 staan. "Ons het ses nuwe besighede begin. Van 'n karwassery tot 'n put-put-baan. Ons wil die toeris sover kry om weer terug te kom en sy geld by ons te spandeer. Dit is tog wat toerisme is," verduidelik Dietrich. "Ons het swaar gekry met die droogte, maar ons het uitdagings en probleme nodig, sodat ons kan groei en beter word. Uit hierdie swaarkry het daar nuwe geleenthede ontstaan wat ons nie sou gehad het nie. Nuwe uitdagings. Nuwe moontlikhede," sê Dietrich entoesiasties. Nuwe yskaste is ook aangekoop met die vori-
ge jaar se winste. Dit sal beteken dat die snoek wat van St Helenabaai en Lambertsbaai verkry word, in die toekoms geberg kan word. 'n Roker is ook aangeskaf om dié vis te kan rook en ook te kan verkoop vir ekstra inkomstes. In die volgende drie jaar, wil die organiseerders ook organies gaan en het hulle reeds die erdwurmbakke hiervoor aangekoop. Besoekers aan vanjaar se fees sal met elke bord snoek-en-patat wat hulle koop, 'n bossie patat-rank ontvang. "Ons wil mense opvoed oor patat en die gesondheidwaardes daaraan. Waar 'n gewone aartappel byvoorbeeld 'n diabeet se bloedsuiker sal laat styg, sal die patat dit nie doen nie," vertel Dietrich. Dagpasse vir Vrydag beloop R80 vir volwassenes en R30 vir kinders tussen 6 en 12 jaar. Naweekpasse beloop R120 vir volwassenes en R30 vir kinders tussen 6 en 12 jaar. Parkering vir Saterdag beloop R5 en 'n bord snoek-en-patat beloop R50. Vir meer inligting, kontak die fees-koördineerder, Julia Adams, by 073 384 7420.
NUUS • NEWS
22 Junie 2016