Die courant bergrivier 25 mei 2016 371

Page 1

c urant

Gratis • Free

Bergrivier

Weskus se 1ste keuse

dié

1

21.5%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

25 Mei 2016

Uitgawe 371

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Mooistes: Hoërskool

Porterville het weer vanjaar sy mooistes gekroon. Fabrisca Frederiks (middel) is as Mej HSP aangewys, met Levhan Abrahams as Mnr HSP. Jolandie Burger (tweede van links) is as die eerste prinses gekroon met Danzil Frederiks (heel regs) as eerste prins. Gisela Nel (heel links) is as Mej Persoonlikheid gekroon met Ben Louwrens (middel voor) as Mnr Persoonlikheid.

• 34 MUNISIPALITEITE uit 9 lande BYEEN

BM in België oor afval Munisipale Bestuurder advokaat Hanlie Linde en Hendrik Krohn, direkteur van Tegniese Dienste van die Bergrivier Munisipaliteit is tans in België om 'n konferensie daar by te woon. Dié konferensie duur tot Vrydag in Vaalbeek. Vaalbeek is 17km vanaf Leuven. Die Bergrivier Munisipaliteit is in 'n stedeband met Gemeente Heist-op-den-Berg sedert 2014. As deel van hierdie ooreenkoms is die munisipaliteit en Heist se verteenwoordigers genooi om deel te wees van 34 munisipaliteit uit nege Thomas Peeters (Noord-Zuid Consulaat van Heist-op-den-Berg) en lande om aansoek te doen vir beHans Welters (munisipale bestuurder van Heist-o-d-B). Voor is Intjé van Kerckhoven Hoof van Noord Zuid Services, Hanlie Linde en Hen- fondsing vanaf die Federale Regering van België. drik Krohn by die konferensie.

Die nege lande is Suid-Afrika, Senekal, Benin, Bolivia, Equador, Guatemala, Marocco, Nicaragua, Peru en België. Op die konferensie word alles wat behandel en bespreek word, in Spaans, Frans en Engels vertaal, sodat almal teenwoordig kan verstaan. Die munisipaliteite van Suid-Afrika (Witzenberg, Nquthu in KwaZulu Natal en Bergrivier) moes 'n tema kies wat 'n groot impak op die gemeenskap sal maak, en dit verteenwoordig en het hulle op afvalbestuur ooreengekom. Vrydag sal die groep na Antwerpen reis om 'n internasionale konferensie oor volhoubare doelwitontwikkelings by te woon.

Kliniek skuif tydelik vir opgradering Die gemeenskap van Velddrif en omliggende gebiede - insluitend Noordhoek, Laaiplek, Dwarskersbos en Port Owen - kan uitsien na verbeterde gesondheidsdienste in die toekoms wanneer die opgradering van Velddrif Kliniek in Mei 2016 in aanvang sal neem. Om die opgradering te akkommodeer, verskuif die bestaande kliniek na ‘n tydelike perseel in Akasialaan 2, Velddrif. Die kliniek se gesondheidsdienste sal vanaf 23 -27 Mei 2016 gesluit wees en sal op Maan-

dag, 30 Mei 2016, weer by die tydelike perseel hervat word. Vir hierdie tydperk sal akute siektes en noodgesondheidsdienste by Vredenburg Hospitaal gelewer word. Die verskuiwing van dienste sal ook HealthNet pasiëntvervoerdienste beïnvloed. Die optelpunt vir pasiënte vir wie plek op die diens bespreek is, sal vanaf 23 – 27 Mei tydelik verskuif na Laaiplek SAPD-stasie op die hoek van Voortrekkerweg en Jamesonweg, Laaiplek. Die opgradering is geskeduleer om teen No-

vember 2016 voltooi te wees. Kliënte wat die kliniek besoek word gevra om geduldig te wees met die tydelike ongerief, aangesien die opgradering uiteindelik beter fasiliteite en ‘n beter ervaring van gesondheidsdienste tot gevolg sal hê. Pasiënte wat vir afsprake vanaf Maandag, 30 Mei 2016, geskeduleer is sal ingelig word van die nuwe perseel en adres en word gevra om hul vervoerreëlings hiervolgens aan te pas. Kontak die Bergrivier subdistrikskantoor by 022 913 1337 met navrae.

NUUS • NEWS

25 Mei 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.