Die courant berg 27 jul 2016 380

Page 1

c urant

Gratis • Free

Bergrivier

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

44.6%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

27 Julie 2016

Uitgawe 380

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Enjins al brullend vir Round Table Die Malmesbury Round Table se jaarlikse "Funride" wat die afgelope naweek buite Darling plaasgevind het, was ‘n reuse-sukses. Volgens Kwas du Toit, een van die organiseerders, het sowat 90 deelnemers vir die geleentheid ingeskryf. Geen beserings is aangemeld nie en die weer het lekker saamgespeel. Hier laat waai Joshua Putz en Col Bec oor 'n heuweltjie.

• 4113 VAN PIKETBERG MAAK KRUISIES

26 310 kiesers na 24 stemlokale Inwoners van die Bergrivier sal op 3 Augustus hul stemme by 24 verskillende stemlokale kan uitbring in vanjaar se munisipale verkiesing. Hierdie lokale sal op 1 en 2 Augustus oop wees vir spesiale stemme. Hierdie is slegs beskikbaar vir diegene wat vooraf daarvoor aansoek gedoen het en deur die Onafhanklike Verkiesingskomissie goedgekeur is. Volgens munisipale bestuurder advokaat Hanlie Linde is daar in die Bergrivier 633 persone wat op hierdie twee dae hul kruisies sal trek. Hiervan kan 170 by 20 geaffekteerde stemlokale stem. Die Onafhanklike Verkiesingskomissie (OVK)

sal 463 by hul huise besoek, enige tyd op 1 en 2 Augustus. Op hierdie dae is die stemlokale vir die spesiale stemme oop vanaf 08:00 tot 17:00 of tot die laaste goedgekeurde spesiale stem uitgebring is. Volgens Linde is daar 26310 geregistreerde kiesers in die Bergrivier munisipale-area wat vir 42 kandidate in vyf partye en sewe wyke kan stem. Daar is ook een onafhanklike kandidaat. Piketberg, oftewel wyk 4 van die Bergrivier Munisipaliteit, is die wyk met die meeste geregistreerde kiesers met ‘n totaal van 4113. Hierdie kiesers kan by die Alan Boesak-

gemeenskapsaal op dié dorp hul kruisies trek. In die stemlokaal sal daar drie verskillende stembriewe wees, naamlik ‘n ‘n wit, geel en groen brief. Die wit brief is vir die verkiesing van ‘n wykskandidaat. Die geel brief is vr die politieke party wat in die Bergrivier se munisipaleraad staan. Die derde is die groen stembrief wat die politieke partye vir die Weskus Distriksmunisipaliteit verteenwoordig. Die amptelike uitslae van dié verkiesing word verwag vir 7 Augustus en die nuwe raadslede sal op 11 Augustus ingehuldig word.

NUUS • NEWS

27 Julie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant berg 27 jul 2016 380 by DieCourant - Issuu