Die courant swart 17 aug 2016 383

Page 1

c urant

Gratis • Free

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

57.3%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 383

17 Augustus 2016

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

HSS-leerkrag trots op SA se nuwe held

Brandon du Plessis, mede-bestuurder van die Suid-Afrikaanse atletiekspan en onderwyser van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, by vanjaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, sê dit gaan baie goed met almal. Hy het per e-pos vanuit ‘n "nat" Rio hierdie foto van hom en die nuwe 400m-rekordhouer, Wayde van Niekerk, gestuur. Van Niekerk het die 17 jaar oue wêreldrekord laat spat. Du Plessis sê die reëlings is baie goed getref vir die meer as 10 000 deelnemers. Hy sê ook dat die openingseremonie 'n groot hoogtepunt vir hom was.

• SWARTLANDER LEI SA WEERMAGSPAN EN...

Seëvier in Spanje

Die jaarlikse militere kompetisie tussen verskillende lande se weermagte het plaasgevind in Spanje oor die periode 30 Julie tot 6 Augustus 2016 en Swartlander Uys van der Westhuijzen het hier die SA-span tot oorwinning gelei. Die kompetisie is daar gestel om van die basiese militêre vaardighede wat soldate benodig om gevegsgereed verklaar te word, te evalueer in ‘n internasionale omgewing tussen verskillende weermagte. Die items behels die oorsteek van hindernisse binne en buite die water, skiet op verskillende tipes teikens met gewere en pistole van die gasheerland, handgranaat-gooi na verskillende teikens, kaartlees, afstandskat en dan ‘n militere spoedmars wat oriëntering insluit in ‘n totaal onbekende gebied met slegs ‘n kaart, en/of lugfoto's met slegs ‘n gewone kompas sonder enige elektroniese hulpmiddels. Dié span het uitstekend onder uiters moeilike omstandighede gevaar, onder andere temperature van oor die 40°C en stof geskop in die oë

van hoogs ervare lande. Kpl Hlope het met ‘n onbekende geweer vir die SA-soldate, die Heckler & Koch G36, bykans ‘n voltal geskiet, 174/180. Tydens die land-hindernisbaan ('n 500m baan met 20 verskillende tipes hindernisse) het Suid-Afrika algeheel eerste en tweede gekom met ‘n tyd van 3min 2sek. Hulle het lande soos Duitsland, Nederland, Brittanje en vele ander met gemak geklop. "Gewoonlik het die Suid-Afrikaners nie baie goed gedoen tydens die swem hindernis item nie, maar hierdie jaar was dit ‘n ander storie. Ons manne het geswem, geklim en geduik dat ons eintlik hoendervleis van lekkerte gekry het," vertel Lt Kol Van der Westhuijzen. Hierdie twee items gekombineerd, land en swem-hindernisoorsteking, het Suid-Afrika met gemak ‘n eerste en derde plek verower. In die militêre spoedmars het SuidAfrika weer baie goed gedoen, terwyl verskeie ander spanne nie binne die toegelate tydsskedule kon voltooi nie en gevolglik gediskwalifiseer

is. Lt Kol Van der Westhuijzen was nie net deel van die span nie, maar ook bevoorreg om vir die tweede agtereenvolgende jaar deel te kon wees van die tegniese jurie wat moet sorg dat die kompetisie se uitvoering korrek en op tyd geskied en waar nodig in te gryp. Hiervoor het hy dan ook erkenning ontvang in die vorm van ‘n houtsneewerk van die Spaanse organiseerders vir uitstekende werk gelewer. Ook was hy bevoorreg om gekies te kon wees as een van ‘n handjievol mense wat die verskillende trofeë en pryse moes oorhandig op ‘n internasionale platform. Wat die prestasies uitsonderlik maak vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en meer spesifiek die span, is die feit dat hulle tydens die medalje oorhandiging staande toegejuig is deur die hele internasionale gehoor. "Ons is ook uitgesonder tydens die bedankings vir ons proffesionele militere gedrag en optredes tydens moeilike omstandighede," vertel Van der Westhuijzen trots.

Interskole-koors

Swartland slaggereed vir naweek se veldslag op Wellington - bl 10 - 13 Wesbank pak Proteus op Atlantis - bladsy 8

NUUS • NEWS

17 Augustus 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.