Die courant swberg 11 mei 2016 369

Page 1

c urant

Gratis • Free

21.6%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

11 Mei 2016

Bergrivier

Swartland

Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 369

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

• groot derby tussen bulspanne wag

Spairs, WB slaags Tuiskoms in The Grey se kaleidoskoop van note

Musieknote: Oud-Porterviller, Ellani de Jager (agter), tree eersdaags saam met Donné de Kock (viool) en Eric Gerber (klavier) op op Ellani se Swartlandse tuisdorp. Dié drie is oud-Maties wat klassieke musiek met hedendaagse musiek vermeng het om dit 'n meer moderne kleur te gee. Gerber hanteer al die musiekverwerkings. Saam het hulle al aan verskeie groot vertonings deelgeneem en in talle simfonie-orkeste gespeel. The Grey, soos hulle bekend staan, sal op 28 Mei om 20:00 in die Porterville NG Kerksaal optree. Die kaartjies (R100 vir volwassenes en R50 vir kinders) is vooraf by die kerkkantoor en by die deur te koop.

Binne... 1ste kandidaatlyste bekend Reën laat damvlakke styg

Op Malmesbury word die vredespyp weer eenkant gesit vir die week wanneer gemoedere hoog loop tussen vriende, familie, kennisse en kollegas. Dit het alles te make met een van die grootste Derby-wedstryde op die Boland-kalender wanneer Never Despair RVK gasheer speel vir Wesbank RVK. Dié kragmetings lewer tradisioneel hope opwinding vir inwoners en ondersteuners van dié twee bulklubs. Albei spanne spog met jong talent asook gesoute hardebaarde wat 'n groot opskudding nie te vergesog maak nie. Never Despair het verlede Saterdag hul eerste nederlaag van die seisoen gely, toe hulle vasgeval het teen die gedugte Saldanha. Wesbank, op sy beurt, het die terugkeer van staatmakerkaptein Emgee Fredericks gevier met 'n bonuspunt-wen teen Mamre ná twee agtereenvolgende nederlae. Wesbank lyk weer honger vir rugby en sal die Tier sommer vinnig terug in sy hok wil sit. Om 'n voorspelling te waag, is moeilik, maar Wesbank kan op papier die knoop net-net deurhak met 'n oorwinning van minder as sewe punte. *Vredenburg speel gasheer vir Abbotsdale wat weer stadig besig is om sy ritme te vind. Die gasheer het die afgelope naweek 'n oomblik van briljantheid benodig toe hulle met sekondes oor op die horlosie, 'n drie gedruk het, wat reeds bestempel word deur rugbykenners as die drie van die seisoen. Hul speler het regoor die veld genael vir 'n drie wat Hopefield se aanslag laat skipbreuk ly het. Die afgelope tyd se reën het weer die Lillies in Abbotsdale laat blom en die span van Jacques Fry het hierdie naweek uit die relegasie-sone geklim met 'n goeie sege oor Piketberg. Abbotsdale behoort hierdie wedstryd straks naelskraap te wen.

*Ná twee nederlae op die pad, speel die span van Moorreesburg gasheer vir 'n wisselvallige St Helenabaai, wat soos 'n gefrustreerde beer met 'n seer poot sal opdaag vir die wedstryd nadat hy verlede week op verrassende wyse vasgeval het teen die span van Velddrif. Moorreesburg sal egter wil opmaak vir sy nederlaag teen Darling en die span van Earl Scheepers is 'n harde neut om te kraak op sy tuisveld. Wedstryde tussen Moorreesburg en St Helenabaai sorg gewoonlik vir groot drama en die tuisspan sal ook sy tuisvoordeel wil gebruik om die seemanne stil-stil terug na die Weskus te stuur in 'n wedstryd waar 'n voorspelling eweneens moeilik is. Die tuisspan is wel 'n kortkop voor. *Nog 'n groot wedstryd word op Velddrif beslis, wanneer twee spanne wat tans hoog vlieg ná 'n paar sterk vertonings, mekaar die stryd aansê. Velddrif en Darling kom van twee goeie oorwinnings en albei sal hul lippe wil aflek vir 'n driekuns van oorwinnings. Darling speel nou voortreflike rugby en Velddrif met Ambrose Barends se goue voet, sal hul storie moet ken as hulle die swart golf wil stuit. Darling behoort te veel skietgoed vir Velddrif te hê en kan Velddrif hierdie keer troef. *Mamre wat weer vanjaar goeie rugby speel ná die terugkeer van staatmaker-losskakel Angelo van Niekerk, speel gasheer vir 'n sukkelende Piketberg wat nog nie aan die wenkant was die seisoen nie. Piketberg verbeter egter elke week en kort voor lank kan hulle hul eerste oorwinning proe. Dis moeilik om te voorsien dat dié oorwinning hierdie naweek op Mamre sal kom, aangesien Mamre wil opmaak vir sy nederlaag teen Wesbank verlede naweek waar hulle nog voor was met rustyd. Abri Adonis

NUUS • NEWS

11 Mei 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.