Die courant swberg 13 jul 2016 378

Page 1

c urant

Gratis • Free

38%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

13 Julie 2016

Bergrivier

Swartland

Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 378

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Minister besoek kliniek

Bo: Dr Nomafrench Mbombo, WesKaapse minister van gesondheid, het gister op Malmesbury besoek afgelê. Die Malmesbury Dagkliniek het gister ‘n spesiale besoek van die Wes-Kaapse minister van gesondheid, Dr Nomafrench Mbombo, ontvang as deel van ‘n inligtingsdag rondom die bewusmaking van geestesgesondheid. Die dag is moontlik gemaak deur die plaaslike regering vir gesondheid wat gefokus het op psigiatriese siektes, hoe om hulp te soek en die stigma rondom die siekte te bekamp. Swartland Hospitaal beskik tans oor ‘n 72-uur observasiediens vir geestesgesondheidspasiënte (‘high secure room’). Na afloop van die opknapping en verbetering van die hospitaaldienste, sal die hospitaal oor ‘n 4-bed saal beskik, spesifiek vir geestesgesondheidspasiënte. Daar is ook dienste beskikbaar op primêre gesondheidsorgvlak deur middel van uitreikdienste vir psigiatrie na die Malmesbury CDC, klinieke en satelliet-klinieke in die Swartland sub-distrik. Hier is daar verder twee ondersteuningsgroepe vir persone met geestesgesteldhede. In die 2015/16 finansiële jaar is daar op primêre gesondheidsorgvlak 3893 volwassenes en 218 kinders onder 18 jaar vir geestesgesondheid behandel in die Swartland sub-distrik. Swartland Hospitaal het 64 volwassenes en 13 kinders onder agtien behandel waarvan 24 hertoelatings was. Die minister het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om pasiënte met geestesgesondheidsiektes met respek te hanteer .

• VERKEERSIRKEL BIED MOONTLIKE VERLIGTING

Rivierbrug verbreed Die opgradering en verbreding van die Dieprivier-brug op Malmesbury gaan sorg vir groot verkeersverligting in dié deel van die dorp. Die opgradering vorm deel van ‘n groter projek om die verkeersvloei tussen die Rozenburgstraat en Voortrekkerweg-kruising en die Voortrekker- en Bokomoweg-kruising aansienlik te verbeter. Die projek behels ook die moontlike opgradering van die Rozenburgstraat en Voortrekkerweg-kruising deur dit na ‘n verkeersirkel te verander. Die beplande verbreding van die brug sal aan die westekant (stroom af) van die brug plaasvind.

Daar word beplan om vier langwerpige brugkolomme en twee brughowe met vyf meter aan die westekant (stroom af) te verleng en die brugdek met min of meer ses meter te verbreed om ‘n addisionele noordwaartse laan te skep. Deur die brugdek te verbreed, word spasie toegelaat vir ‘n twee meter breë voetgangersypaadjie aan weerskante van die brug. Volgens At Botha, direkteur siviele dienste, is die omgewingimpakstudie in die finale stadium. ‘n Erfenis-impakontleding is tans ook onderweg om die moontlike argeologiese en visuele impak van die projek te ondersoek.

Die onlangse werk in die Dieprivier het deel uitgemaak van die geotegniese-ondersoek wat gedoen is om te bepaal hoe diep die Kaapse graniet is, waarop die brug se fondasies staan. Ingenieurs is besig met die finale ontwerp van die voorgestelde sirkel by Rozenburgstraat en die opgradering van die Bokomo- en Voortrekkerweg-kruising. Die projek sal voorlopig teen November 2016 op tender uitgaan, sodat opgradering vroeg in Maart 2017 kan begin en gedurende 2018 afgehandel kan word. Die totale projek sal na raming sowat R19 miljoen beloop.

NUUS • NEWS

13 Julie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.