c urant
Gratis • Free
20%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
15 Junie 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 374
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Reën vir ‘n dorre land
Die Swartland is toegewikkel in 'n donker wolkekombers met gepaardgaande koue weerstoestande. Dié wolke bied nou lafenis vir 'n dorre aarde. Met die wisselende temperature die afgelope twee weke, waar die kwik selfs in die vroeë 30's gedraai het, is die gewasse wat aangeplant is, ook ietwat deurmekaar en het talle wingerdstokke al begin uitloop. Vrugtebome het ook vroegtydig begin bot. Hierdie bloeisels sal waarskynlik weens die koue vrek en sal die bome later die jaar weer bloei.
• Rooivleisprodusente praat oor klimaat
‘Boere moet aanpas’ Landbouprodusente moet begin aanpas by klimaatsverandering. Die versoek het Donderdag by die Rooivleisprodusente (RPO) Wes-Kaap se algemene jaarvergadering in die Paarl ter sprake gekom. Prof. Stephanie Midgley, 'n onafhanklike navorser betrokke by die Universiteit van Kaapstad het lede onder meer toegespreek oor die impak van aardverwarming op volhoubare veeproduksie in die Wes-Kaap. Midgley, ‘n navorser en projekbestuurder in landbou, voedselsekuriteit en klimaatsverandering by dié universiteit, is oortuig dat produsente in die landbou aanpassings moet begin maak wat klimaatsveranderinge betref. Sy bestudeer en evalueer die impak van klimaatsveranderinge op die landbousektor sedert 1992. Volgens haar speel die Wes-Kaap se diverse landboubedryf ‘n groot rol in werkskepping, die ekonomie en sosio-ekonomiese ontwikkeling van die land. Die provinsie is egter baie kwesbaar vir klimaatsverandering. Dit het gelei tot die behoefte aan dringende aksie om die landboubedryf te help om by die onvermydelike klimaatsveranderinge aan te pas, asook om die
vrystelling van kweekhuisgasse te verminder. Vandaar het die SmartAgri-plan in samewerking met die Universiteit van Kaapstad, die plaaslike departemente van landbou en omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning tot stand gekom. Midgley sê sy weet daar kom droogte-siklusse voor, maar is oortuig dat die droogte wat die land en nou ook die Wes-Kaap ervaar, nie net ‘n siklus is nie. Volgens haar was verlede jaar as die warmste jaar wêreldwyd gekenmerk en daar word gewaarsku dat die aarde se temperatuur in 2016 kan styg. Verlede jaar en vanjaar se droogte is die ergste in 30 jaar. “Die droogte word vererger deur klimaatsverandering, dus is dringende aksie nodig om hierby aan te pas.” Sy sê verder navorsing toon dat daar die afgelope sowat 50 jaar minder reëndae tussen Januarie en April en gedurende Augustus voorkom, maar dat dit meer in November en Desember in die westelike deel van die land reën. Hul navorsing maak gebruik van 20 verskillende klimaatsmodelle wat meestal ooreenstem dat daar minder reëndae is en meer warmer dae. Volgens Midgley kan temperature met
1.5°C in 2050 in die Wes-Kaap toeneem, asook meer warmer dae en minder winterreënval. Die klimaatsverandering se grootste impak op veeproduksie is onder meer vrugbaarheid, ontwikkeling wat groei betref en die kwaliteit van vleis. Midgley voeg egter by dat die impak op veeproduksie van streek tot streek kan verskil. Sy moedig boere aan om die SmartAgri-plan te oorweeg en te hersien. (www.greenagri.org. za). Prof. Schalk Cloete van Elsenburg het ook lede toegespreek oor hoe die vee gaan reageer op klimaatsveranderinge. Volgens hom hou veral melkbeeste nie van hitte nie en sal daar dus minder melk geproduseer word. Vleisbeeste is ook nie ten gunste van hoë temperature nie. Hoenders is nog veilig, maar moet koel gehou word wat weer kan lei tot groter onkostes. “Skape en bokke kan die hitte die beste hanteer,” voeg hy by. Hy het klem gelê op die voordele van skadu en glo produsente kan gerus daarin belê. “Dit gaan nie koeler word nie. Beeste en skape maak gebruik van skadu en drink minder water, wat voordelig is vir die volhoubaarheid van water.” Hy sê ook die speengewig van lammers trek voordeel uit skadu.
NUUS • NEWS
15 Junie 2016