c urant
Gratis • Free
Amarider:
Waterwese-syfer:
17.1%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
18 Mei 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 370
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Dié naweek sal die fietsryentoesiaste op Malmesbury saamkom vir die jaarlikse Amarider 100miler-ren. Vanjaar is die eerste jaar wat die Malmesbury Fietsryklub ook by dié fietsrybyeenkoms betrokke is. Die eerste deelnemers sal om 07:30 vanaf die Malmesbury Skougronde vertrek.
• nuwe vulstasies OP N7 OORWEEG
Verkeerslig beplan Links: ‘n Lugfoto wys duidelik hoe die N7 verbou en opgegradeer word. Foto: Bertie Brits Onder: 'n Skematiese voorstelling van die beoogde vulstasies.
Motoriste in en rondom Malmesbury sal vir ‘n ruk nog moet voorsiening maak vir die ekstra reistyd weens die opgradering aan die N7 en Bokomoweg wat nou ook effe vertraag is. Volgens Johan du Toit van Meropa Communications, woordvoerder van SANRAL, verloop die opgradering van die nasionale pad by Malmesbury goed, maar is hulle sowat ‘n maand agter skedule. “Fase 2 (vanaf Philladelphia) is toegeken aan Triamic. Hierdie fase het in Januarie aanvang geneem en loop oor ‘n kontrakperiode van 42 maande,” sê Du Toit. Konstruksiewerk van Malmesbury tot die Hopefield-N7-aansluiting word beoog om in Januarie 2017 ‘n aanvang te neem. Om die verkeersvloei in en rondom Malmesbury te vergemaklik, word ‘n verkeerslig oorweeg vir die aansluiting in Malmesbury-Wes van die
nuwe N7-afrit met Darlingweg en Abattoirweg. “Die ontwerp hiervoor moet nog gefinaliseer word, maar die installering sal onder die huidige kontrak hanteer word. Dieselfde geld vir die deurgang onder die N7 vanaf die industriële-gebied na Malmesbury-Wes. “Die Darling-/Bokomoweg word opgegradeer tot ‘n dubbelpad. Die verkeerskapasiteit word dus bykans verdubbel en die draaibewegings word ‘n beskermende lane gehanteer wat die padveiligheid aansienlik verbeter. Aan die oostekant (Bokomo-weg) stop die verbetering waar die N7-padreserwe ophou. Die bestaande Bokomoweg word nie opgegradeer nie en sal later deur die Swartland Munisipaliteit hanteer moet word,” verduidelik Du Toit. Die totale veranderings by Malmesbury beloop ongeveer R120 miljoen. • Planne om ‘n vulstasieskompleks aan weers-
kante van die N7 te bou by die huidige ingang na die vliegveld en Mother City Skydiving sowat 9,5 km noord van Malmesbury, is in die staatskoerant gepubliseer vir kommentaar op hersonering. Rista Investments doen aansoek vir die hersonering van ‘n deel van gedeelte 1 van plaas Diepkloof no. 599 vanaf landbousone 1 na sakesone 4. Die aansoek om hersonering om die “petroport” te bedryf, is ontvang, ingevolge artikel 15(2) (a) van Swartland Munisipaliteit se Verordenning op Munisipale Grondgebruiksbeplanning (PG 7420 van 3 Julie 2015). Die beplande vulstasies sal die enigste op die N7 wees op die sowat 90km tussen Winkelshoek by Piketberg en die Swartland 1Stop naby Philadelphia, wat tans slegs vir verkeer in ‘n noordelike rigting toeganklik is.
NUUS • NEWS
18 Mei 2016