c urant
Gratis • Free
20.7%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
1 Junie 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 372
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
XTreme trek weer groot deelname
Meer as 1300 fietsryers het Saterdag op Darling in die onderskeie wedrenne van die 2016 Darling Brew XTreme Bergfietsbyeenkoms die wenstreep oorgesteek. Deelnemers het by dié byeenkoms wat jaarliks in gewildheid toeneem, oor drie afstande kragte gemeet. Die taaier wedren oor 68 km heet die Bone Crusher, met die effe makliker 45km en 25km wat as die Long Claw en Slow Beer bekend staan. Hier steek een van die Swartland se bergfietssterre, Fietie Rocher, ‘n bruggie oor in die Bone Crusher. Sien nog foto's op bladsy 15.
Darling-terrein toets bene
• koers verlaag ná eiendomswaardes styg
Korting vir seniors op Die Swartland Munisipale Raad het Donderdag die tweede aansuiweringsbegroting vir die komende finansiële jaar eenparig goedgekeur. Een van die aspekte wat uit opposisiegeledere kritiek ontvang het, is die verdere vermindering van die gratis kwota water van vyf kiloliter per huishouding per maand na vier kiloliter in die komende jaar. Daarna sal dit stelselmatig verminder word tot daar geen gratis water aan huishoudings verskaf sal word nie. Die goedkeuring het egter nie seepglad verloop nie en is daar ‘n paar kwessies waaroor daar nog verdere samesprekings tussen die verskillende partye en die amptenare van die munisipaliteit gehou sal word. Die begroting het ook groot reaksie ontlok vanuit die Yzerfontein Inwonersvereniging wat onder meer hul ontevredenheid met die korting op eiendomswaardasies uitgespreek het. Die inwoners het 'n verhoging van die korting tot die bedrag van R100 000 versoek. Daar is volstaan met die R15 000 in die begroting. “As ons hierdie kortings sou toestaan, verloor die munisipaliteit onmiddellik sowat R4 miljoen se inkomste,” het burgemeester Tijmen van Essen in sy voorlegging uitgelig.
Weens die onlangse toename in die algemene waardasies, is die tariewe vir eiendomsbelasting afwaarts aangepas, behalwe in die geval van die geografiese gebiede van Jakkalsfontein en Grottobaai. Nuwe wysigings in die eiendomsbelastingwet rakende dié gebiede bepaal dat kortings daar oor ‘n tydperk van sewe jaar uitgefasseer word. Met die verhoogde eiendomswaardasies is die koers vir landbougrondeienaars met 20.91% verminder, terwyl die koerse van residensiële eiendomme 13.77% laer, sakepersele 10.75% laer en staatseiendom 10.75% laer is. Die koers vir pensioentrekkers is 13.77% laer terwyl genoemde geografiese gebiede 10.85% meer sal betaal. Huiseienaars wat 65 jaar en ouer is, ontvang tans R200 000 korting op die belasbare waarde van hul eiendom. Dié toegewing word verhoog na die bedrag van R300 000 in die 2016/2017 finansiële jaar. Die tarief vir riool styg met 10%, terwyl dié van water met 9.95% en vullisverwydering met 6% opgestoot is. Die nuwe elektrisiteitstariewe is vir die munisipaliteit ‘n "kopkrapper". NERSA het ‘n 9.4% tariefverhoging vir Eskom
se direkte kliënte goedgekeur. Die Eskom-tariefaanpassings vir munisipaliteite is vanaf 1 Julie 2016 7.64%. Swartland het sy nuwe tariewe vir elektrisiteit reeds by NERSA ingedien, maar geen terugvoer ontvang nie. Die nuwe tariewe sal intussen so ingevoer word tot daar terugvoer vanaf NERSA ontvang is. Van Essen het gesê dit is "belangrik om te onthou dat die munisipaliteit nie sal toelaat dat belastingbetalers se geld gemors word nie. "Ons ploeg ook sowat 67% van die munisipale inkomste terug in die armste gemeenskappe van ons munisipale area,” het hy bygevoeg. * Van die aspekte wat verlede week op die raadsvergadering bespreek is, is die verfraaiing van die streek se dorpe. Die skep van voetgangerroetes is ook hoog op die prioriteitslys vir die munisipaliteit. Nadat die bome wat vroeër in Alfastraat geplant is, beskadig is, is 'n tender vir nuwe bome intussen goedgekeur. Dié fondse vir dié tender (R368 380 kom nie uit die plaaslike begroting nie, maar uit eksterne fondse wat vir dié doel geskenk is. Nuwe bome sal dus eersdaags weer daar gevestig word.
NUUS • NEWS
1 Junie 2016