c urant
Gratis • Free
39.5%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
20 Julie 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 379
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Dirkie Uys vier eeufees
Die Hoërskool Dirkie Uys vier Vrydag en Saterdag sy 100ste bestaansjaar met ‘n opwindende program. Vrydag kan besoekers uitsien na ‘n heerlike gholfdag by Moorreesburg se plaaslike gholfbaan. Saterdag gaan daar ‘n kuiertent spesiaal vir die verjaarsdagvieringe by die Gene Louw Sportkompleks op Moorreesburg opgeslaan word. Besoekers en ouers gaan saam langs die sportvelde verjaarsdag vier wanneer netbal- en rugbyspanne van Hoërskool Dirkie Uys teen Hoërskool Porterville sal meeding. Hokkiewedstryde sal tussen HDU en HTS Drostdy plaasvind. Die vieringe sluit af met ‘n informele, maar netjiese dinee wat ‘n buffet-ete by “Die Stoor” insluit. Kaartjies kos R180 per persoon. Vir meer inligting en besprekings, kan Elizna by 083 2363 900 gebel word, of Tossie by 082 6125 610. Saterdag het die enjins gedreun by die jaarlikse "funduro" wat buite dié dorp gehou is. Foto: Ghida Visser
•SEKURITEIT OP PLASE AANGESPREEK
Beveilig jouself - genl Die polisie het dieselfde verantwoordelikheid teenoor die boere om hul plase te beveilig as om die inwoners op die dorp én hul huise te beveilig. Só sê die plaaslike polisie na afloop van Maandag se vergadering oor plaasveiligheid. Tydens dié vergadering tussen sommige plaaseienaars, die polisie en die Swartland Munisipaliteit plaasgevind het, is strategieë bespreek om die afgelope vlaag inbrake op plase aan te spreek. Wedersydse samewerking tussen die polisie, die landbou en die plaaslike munisipaliteit is weer versterk, sê Uys van der Westhuijzen van Malmesbury Landbouvereniging. Genl. Aneeqha Jordaan van die Milnertongroep waaronder polisiekantore van Darling, Malmesbury en Moorreesburg val, het ook die vergadering bygewoon. Van der Westhuijzen sê dit was ‘n konstruktiewe bespreking waar doelwitte ter tafel gelê is. Plaasveiligheid is op nasionale vlak prioriteit. Die polisie beaam egter dat dít plaaslik ook ‘n
prioriteit behoort te wees. Veiligheid op plase in die Swartland is egter nog ‘n probleem. Genl Jordaan sê van die grootste struikelblokke wat die polisie veral op die platteland in die gesig staar, is voldoende polisiëring. Sy het in ‘n eksklusiewe onderhoud gesê dat daar altyd te min polisiemanne en voertuie sal wees. Jordaan het ook klem gelê op sekuriteit. “‘n Misdadiger gaan twee keer dink voordat hy by ‘n huis inbreek met elektriese heinings, diefwering, kameras en alarms. Veiligheid begin by jouself. Beveilig jouself,” voeg sy by. Jordaan sê verder dit is baie belangrik dat die polisie en die boere saamwerk. “Ons sal hulle help om sekuriteitsopnames te doen." Sy sê verder daar moet gekyk word na die moontlike implimentering van plot- en plaaswagte. ‘n Oorsiglys van doelwitte en strukture wat nodig is om plase op ‘n volhoubare basis te beveilig, sal tydens ‘n volgende vergadering tussen
die polisie en plaaseienaars daargestel word. Jordaan het tydens ‘n onderhoud verder gesê dat hulle ook kennis dra van die vlaag inbrake in woonbuurte en dat misdaadvoorkomingtaakspanne wel op die geteikende areas fokus. “Die groot probleem is, as hulle nie ‘n arrestasie maak nie, gaan dit nie ophou nie. "Daar moet mense wat verdag is, voorgekeer word en ondersoek word of hulle nie gesteelde goedere by hulle het nie. "Mense wat steel beskou dit as hulle werk om weer daardie goedere te verkoop om geld te maak, so ons moet ook die mense arresteer wat ‘n mark skep vir die gesteelde goedere.” Sy lê egter klem op die feit dat daar nooit genoeg polisielede en voertuie is nie. “Daarom is gemeenskapspolisieforums en buurtwagte nodig om saam met die polisie te werk. "Ons sê nie inwoners moet die gereg in hul eie hande neem nie, maar die polisie dadelik skakel as daar onraad vermoed word.”
NUUS • NEWS
20 Julie 2016