c urant
Gratis • Free
50.5%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
3 Augustus 2016
Uitgawe 381
Bergrivier
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Kruisies vandag getrek Die toekomstige raadslede van die onderskeie munisipaliteite in die land, word vandag beslis. Beamptes van die onafhanklike verkiesingskommissie het gister en Maandag sie spesiale stemme ingewin. Links berei Chris Wessels en Joey Loots van die Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury voor om hul kruisies te trek, terwyl Susan Cilliers en Monique Toerien van die OVK toekyk.
• TENDERS VIR ONTWIKKELING OP MALMESBURY
Bron kry nuwe lewe?
Die minerale waterbron op Malmesbury wat reeds jare in onbruik is, kan moontlik weer lewe kry. Die Swartland Munisipale-raad het Donderdag op ‘n spesiale raadsvergadering goedkeuring gegee dat tenders met gebruiks- en of ontwikkelingsvoorstelle aan voornemende ontwikkelaars of gebruikers, ingewin kan word. Dít kom nadat die munisipaliteit onlangs weer genader is oor die moontlikheid dat die ontwikkelingsregte op die bronwater verleen word. Die De Bron-winkelsentrum is 16 jaar gelede op die plek gebou waar die warm water uit die grond ontspring. Die warm mineraalwater-bron, waarvan die plaaslike munisipaliteit sedert 1930 eienaar is, is ‘n standhoudende fontein wat volgens historici reeds ontdek was voordat die dorp in 1827 gestig is. Daar word beweer dat die water helende
eienskappe het. Die water se gehalte word vergelyk met van die wêreld se beste gesondheidsoorde soos die van Praag. Volgens wyle prof. Bun Booyens se boek, “Bronwaters van Genesing” was die bad teen die einde van die 19de eeu gewild onder boere wat daarheen gegaan het vir die verligting van kwale soos rumatiek, neuralgie, velaandoenings en jig. ‘n Homeopaat het volgens inwoners vanuit ‘n Victoriaanse huis, geleë waar die winkelsentrum se parkeerplek vandag is, gepraktiseer. Die dokter het dikwels waterbehandeling voorgeskryf. Vandag word die water volgens die munisipaliteit nie vir enige bepaalde doel benut nie. Talle pogings om die warmwaterbron tot voordeel van die gemeenskap te ontwikkel, het egter oor die jare misluk. Van die redes vir die mislukking, was onder meer finansiering.
Volgens die munisipaliteit het die raad gedurende 2001 goedkeuring vir ontwikkelingsvoorstelle deur voornemende ontwikkelaars gegee om die mineraal water te benut. Ontwikkelaarsregte is aan ‘n plaaslike inwoner toegeken vir die ontwikkeling van ‘n spa. Die spa het egter nooit gerealiseer nie. Die raad het goedkeuring gegee dat die water afkomstig van die minerale warmwaterbron, asook die oortollige behandelde rioolafloop van die nuwe Riebeek-Kasteel Rioolwerke by wyse van ‘n openbare mededingsproses aan voornemende ontwikkelaars beskikbaar gestel word vir ‘n doel wat vir die munisipaliteit aanvaarbaar is. Suksesvolle ontwikkelaars sal egter aanspreeklik wees vir onder andere die infrastruktuur, soos pypleidings en pomptoerusting wat nodig sal wees om die water na hul persele te lei.
NUUS • NEWS
3 Augustus 2016