c urant
Gratis • Free
20.4%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
4 Mei 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 368
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Alpaka in skaapsklere Mia Louw van die plaas Rondomskrik buite Malmesbury spog met ‘n ietwat anderste “waghond” vir hul skape: ‘n Alpaka. Hierdie “langnek-skaap” soos hulle hom gedoop het, wei tussen die skaaptroppe en hou die jakkalse en rooikatte op ‘n afstand. "Hy is vreeslik nuuskierig en kom sommer nadergestap as hy beweging opmerk," sê Louw. Sy vertel ook van boere wat radio's gebruik om die jagdiere te verwilder. "Sommige laat die skape na RSG luister, ander weer na Radio 2000," sê sy.
•beskerming nodig - van der rheede
Boere moet voorsien Die landbouindustrie moet die bestaande boere beskerm en 'n nuwe generasie van boere bemagtig en laat groei, anders gaan dit ineenstort. Só het dr. Christo van der Rheede, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA, by die jaarvergadering van die Malmesbury Landbouvereniging gesê. Hy het die fokus laat val op boere as 'n strategiese Suid-Afrikaanse bron wat opgepas en ontwikkel moet word vir toekomstige geslagte. "Suid-Afrika en die res van die wêreld ervaar nou 'n ongelooflike bevolkingsgroei. "Demograwe dui aan dat die groei in SuidAfrika so ekstreem sal wees, dat ons die kerf van 70 miljoen inwoners teen 2035 sal verbysteek. "Teen 2050 sal daar sowat nege biljoen mense op aarde wees, " het hy bygevoeg. "Die groot vraag is egter: Wie gaan verantwoordelik wees om hierdie mense, waarvan ongeveer 80% in megastede gaan woon, te voed? Die boere natuurlik."
Woef en kie kraai koning
Van der Rheede het die toekennings van die Suid-Afrikaanse landbousektor voorgehou in terme van jaarlikse produksie wat by R221 biljoen in 2015 draai. Hy het ook daarop gewys dat primêre landbou in dié jaar sowat 900 000 werkers van werk voorsien het. "Nog 'n uitnemendheid is die feit dat SuidAfrika 41ste op die wêreldranglys is in terme van bekostigbare, beskikbare, kwaliteit en veilige kos. "Ons primêre landbousektor dien ook as 'n belangrike enjin in die groei weens die verskeie skakels tussen die sektore. Dit verskaf werk aan sowat agt miljoen mense." "Daar is naas ongeveer 20 verskillende wetgewings wat die volhoubaarheid en kompeterendheid van die industrie beïnvloed, ook plaasaanvalle, trae grondhervorming asook die tekort aan staatsondersteuning aan opkomende boere. "Hierdie is uitdagings wat beslis daadwerklik aangespreek moet word," sê hy. "Die klein begroting wat daar beskikbaar is
Vallei reg vir Olyffees
vir grondhervorming en die regering wat die staatsondersteunde agri-projekte herkapitaliseer, gee ook aanleiding tot disfunksionele gemeenskaplike eiendom. "Die laaste statistieke deur die direktoraat van gemeenskapsontwikkeling en grondhervorming dui aan dat slegs 284 Verenigings vir Gemeenskaplike Eiendom uit 1144 funksionerend is. Dit is grotendeels weens die konflik tussen die verenigings se lede wat sentraal is in die regeringskwessies soos aanspreeklikheid, finansiële wanbestuur, deursigtigheid en die gebrek aan die onderwerping aan die reëls en regulasies van die verenigings se konstitusie," sê hy. Hy het verder beklemtoon dat die landbousektor baie meer moet doen om die boere as 'n strategiese bron te bemark. "Die industrie moet die bestaande boere beskerm en 'n nuwe generasie van boere bemagtig en laat groei. "Sonder boere wat voedsel produseer, sal die hele industrie ineenstort," sê hy.
Nuwe Hilux wys sy staal
NUUS • NEWS
4 Mei 2016