c urant
Gratis • Free
33.2%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
6 Julie 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 377
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Bierfees:
Die Darling Brew op dié Swartlandse dorp was Saterdag gasheer vir ‘n bierfees waar sewe verskillende brouerye hul produkte uitgestal het. Besoekers het aan biere van Mountain Brewing Company, Berg River Brewery, RIOT Beer, Garagista Beer Co en Flagship Brew geproe. Heel links is Owen Ingarfield en Shaun Bristow van Flagship Brew. Links tap Marlin Passens van Darling Brew 'n glas vol bier. Regs maak Jolene Bredell 'n glas vol.
• VERHOOGDE SEKURITEIT AANGEBRING
Hospitaal opgeknap Die Swartland Hospitaal is besig om 'n gedaanteverwisseling te ondergaan. Dié opknapping sal oor 'n periode van 18 maande plaasvind, met vier verskillende fases. Met dié konstruksiewerk, word die pasiënte na verskillende sale geskuif. Die eerste fase van die proses nader nou voltooiing. Die kindersaal en tandheelkunde-gebou se verfraaiing was deel van die eerste fase. Tesame met die hospitaal se opknapping word die verpleegsterswoning ook op die perseel in vier aparte fases opgeknap. Die kindersaal se pasiënte word nou in die algemene Saal B gehuisves, wat beteken dat verskeie beddens vir algemene pasiënte tydelik opgegee moes word. Swartland Hospitaal bestuur egter die beperkte beddens wat weens die bouwerk veroorsaak word en waar nodig kan pasiënte na die Radie Kotze Hospitaal op Piketberg of LAPA Munnik Hospitaal op Porterville opgeneem word. Die tweede fase van die verfraaiingsprojek sal beteken dat die kraamsaal tydelik na die huidige Saal B verskuif, terwyl opknappingswerk daar plaasvind. Dit sal gevolg word deur die opknapping van Saal A, die X-straaleenheid, kombuis, teater en ook Saal B en die loopweg wat
Onder: Gaven Waneburg, assistent direkteur menslike hulpbronbestuur, Sr Loren Julius, assistent verpleegsbestuurder en Leensie Streicher, kommunikasie beampte, Weskus Distrik, Wes-Kaapse Regering Gesondheid in die kindersaal.
Bo: Die verpleegsterswoning word in vier verskillende fases opgeknap. die aparte geboue met mekaar verbind. Die totale projek is in sewe fases verdeel, wat terselfdertyd saamloop met die vier fases van die opknapping van die verpleegsterswoning. Die Swartland Hospitaal se terrein word verder omhein met hoë kwaliteit heinings en hekke by die verskillende ingange wat sekuriteit op die terrein sal verbeter.
Dit sluit die perseel, die Weskus-distrikskantoor, forensiese patologie-eenheid en die ambulansstasie. Pasiënte en lede van die publiek word gevra om begrip vir die huidige ongerief te hê,wat met die tydelike verskuiwing van sale gepaard gaan. Die projek sal volgens beplanning tot September 2017 duur.
NUUS • NEWS
6 Julie 2016