c urant
Gratis • Free
20.4%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
8 Junie 2016
Bergrivier
Swartland
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 373
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Swartland Hoër, Laer het ryk rugby-oes
Die Hoër- en Laerskool Swartland op Malmesbury spog vanjaar met hul rykste Cravenweek-oes nóg. Die Boland se o.18 en o.13 Cravenweek- en Akademieweekspanne, asook die o.16 Grant Khomo-span sluit nie minder nie as 16 spelers uit dié twee skole in. Agter staan die o.16-spelers CJ Scott, Marinus de Jager en JP Groenewald saam met die o.18-spanlede Dewald Vrey, Jan-Ernst Terblanche, Anton du Toit, Charles Gerber, Wihan Burger en Niel Burger. (Afwesig: Keagan Johannes). Voor is die afrigter van die laerskool se o.13A-span en adjunkhoof, Jannie Paterson, saam met dié skool se SJ Kotze, Johan Dϋrr, Nathan Swart (o.13 Boland XV-tal), Adriaan Janse van Rensburg, Romeal Swartz en Dillon Oppelt (onderkaptein van o.13 Cravenweekspan). By hulle is die afrigters van die hoërskool William Koch, Johann Spies en Martin Dyason.
• Kinders tel 200 TON op VIR FONDSE
Rommel vir Dress
Die plaaslike organisasie, Darling Recycling Swop Shop (Dress) se winkel spog nou met ‘n nuwe baadjie in die vorm van ‘n skeepsvraghouer, danksy die radiostasie Heart FM. Sowat 200 000 kg se herwinbare items is vanaf 2013 deur kinders ingesamel en hier besorg. Heart FM het Donderdag as deel van hul 16Daysforyouth-inisiatief regstreeks vanaf Evita se Perron op Darling uitgesaai. Die inisiatief wat op die 1ste Junie op Vredenburg afgeskop het, bestaan uit die radiostasie wat hul uitsaaiateljee in Groenpunt tydelik vir 16 dae gesluit het om jeug-geïnspireerde projekte vir 16 dae lank op verskeie dorpe tydens Jeugmaand te besoek. Dress, die plaaslike herwinningsprojek, was een van die gelukkige organisasies wat tydens dié inisiatief uitgesonder is. Die projek is sowat drie jaar gelede deur direkteure David Botha en Corrie Windt van stapel gestuur om die jeug van dié omgewing by dié gemeenskap te betrek. Dié nie-winsgewende organisasie moedig kinders tussen die ouderdomme van vier en 14 jaar aan om herwin-agente te word en dus die omgewing skoon te hou en herwinbare items soos papier, glas, plastiek en geblikte materiaal bymekaar te maak en na die inruil-winkel te neem om geweeg te word. Volgens Botha is Dress een van ‘n paar soortgelyke winkels wat onstaan het uit die inisiatief wat deur Marilyn de Villiers van Hermanus begin is. “Ek het ‘n konferensie in 2011 bygewoon waar
sy van hul werk op Hermanus vertel het. Ek het gedurende 2012 vir Corrie Windt, wat herwinning op Darling behartig, genader wat dadelik baie entoesiasties was,” vertel hy. Hul eerste inruil-winkel, oftewel die Swop Shop, is op 27 Februarie 2013 deur 251 kinders bygewoon. Die winkel word nou elke Donderdag deur 115 kinders ondersteun. Hulle word met punte eerder as geld vergoed, vertel die fasiliteerder van die skeepsvraghouer-projek, Con Meyer van Darling. “Die kinders kry nie geld nie, maar punte wat geldwaarde het,” voeg Meyer by. Dié geld word gebruik om benodigdhede soos kos, toiletware en skoolbehoeftes vir die DReSS -winkel aan te koop. “Die kinders kan met hul punte weer iets by die winkel koop. Hy sê verder
hoe klere en speelgoed ook danksy bydraes vanuit die gemeenskap, aangekoop kan word. Kinders wat herwinbare materiaal by die winkel afgee, kry gewoonlik ook sop of ‘n toebroodjie. “Die projek wys die kinders daar is waarde aan die werk wat hulle insit,” sê Meyer. Die huidige Dress-gebou is vervalle. Meyer vertel hoe hulle aanvanklik besluit het om die gebou te verf. Hy het vinnig besef dit gaan nie voldoende wees nie. Hy het vir Denver Apollis by Heart FM oor Dress se behoefte aan ‘n 12m lange skeepsvraghouer genader. Apollis, die radiostasie se programbestuurder, kom toe terug en sê hulle kom ‘n ses meter lange vraghouer op 2 Junie aflewer. Die vraghouer wat die afgelope Donderdag by die Dressperseel aangekom het, is ook deur die Heart FMpersoneel geverf. Apollis het Meyer ook belowe dat nóg ‘n ses meter lange vraghouer binnekort sal kom.” Die plaaslike raadslid, Michael Rangasamy het tydens die geleentheid die organiseerders verder verras met ‘n R10 000-skenking deur die Swartland Munisipaliteit. *Heart FM het Riebeek-Kasteel op 3 Junie besoek en vanaf die Kasteelberg Country Inn & Bistro se perseel uitgesaai. Die radiostasie het tydens hul besoek ook ontbyt voorraad, lepels en bakkies aan die Riebeeck-Vallei Spesiale Skool (RVSS) se koshuis oorhandig.
NUUS • NEWS
8 Junie 2016