Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
NUUS • NEWS
4 Mei 2016
Wellington
courant
dié
1
4 Mei 2016
Uitgawe 368
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Krisante vier 100 jaar
'n Ryke geskiedenis en 'n volle 100 jaar van blommeprag en blommekultuur. Só kan die eeufeesvieringe van die oudste krisanteklub in die land, die Wellington Horticultural Society, die afgelope naweek beskryf word. Met bekende Wellington-families wat soos 'n goue draad deur dié klub se geskiedenis vleg, was vanjaar weer ‘n skouspel van kleur en sorgsaam opgepaste blomme. Die heel eerste krisanteskou in Suid Afrika is in 1917 op Wellington gehou. Nie minder nie as 440 blomme van 10 kwekers is Saterdag uitgestal. Die kampioenblom en kampioen-spinnekop is ingeskryf deur Marcall Rhode. Die ander pryswenners in die blomme-afdelings was Anthony Cavernelis, Japie Willemse en Jeffrey Smith. In die huisvlyt-afdeling was Venetia Bosman die algehele wenner. Volgens Anthony Cavernelis het 150 besoekers die uitstalling besigtig. Hier is raadslid Christephine Kearns by van die prag-blomme.
• SUNELLE glo net goed is nie genoeg
Barnard Bok vir Rio
Sunelle Barnard is 'n vrou wat nie bang is om op die rugbyveld platgeduik te word nie. Sy is immers 'n lid van Suid-Afrika se die vroue Blitsbok-span. Dié oud-leerkrag by Hugenote Hoërskool het in Cradock grootgeword en aan Paarl Gimnasium matrikuleer. Eers was sy 'n fors om mee rekening te hou op die netbalbaan en het vir Perth, Australië, gespeel. Hierna het sy Sportwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en ook haar onderwysgraad aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Sy was twee jaar by Hugenote voor sy vir die Blitsbokke in die HSBC Wêreld Sewesreeks begin speel het. "Vrouerugby is nog baie nuut en rou in SuidAfrika en daar word baie gesukkel om die talent wat ons tans het te ontgin met die beperkte hulpbronne wat beskikbaar is. Daar word wel baie toernooie en ontwikkelingsklinieke gehou om ons vroue ‘n kans te gee om die hoogste sport te bereik. Veral vir dié wat nie al die hulpbronne het nie," sê Sunelle, tans bestuurder en kondisioneringsafrigter by Fit-Mac Gym in die Paarl. Lang ure in die gimnasium en op die veld is deel van haar daaglikse bestaan. "Ons vroue in Suid-Afrika word nie groot soos die mans met geleenthede wat kruis en dwars oor hul pad kom nie. As daar wel geleenthede ontgin word, is daar net een kans om dit aan te
gryp en dit te gebruik tot jou voordeel." Om in die sewespan opgeneem te word, moes sy 15kg afgeskud en haar onderwyspos laat vaar om haar droom om Suid-Afrika by die Rio Olimpiese Spele te verteenwoordig, te bewaarheid. "Ek glo in balans. Elke bietjie kondisionering en oefening wat jy in enige sport doen, help weer met die volgende uitdaging. Ek glo dat as
jy elke geleentheid wat oor jou pad kom in elke sportsoort gebruik, daaruit leer en voortbou op jou talente en baie hard werk, sal jy sukses bereik," sê Sunelle, wat lank gedroom het om SuidAfrika op nasionale vlak te verteenwoordig. "Ek wil ‘n verskil in mense se lewens maak. Ek het ook ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in binnehuise roei opgestel en lê nou sesde in die wêreld. "My grootste uidaging is om altyd uitnemendheid te probeer nastreef. Om nie tevrede te wees met net goed genoeg nie. Om die doelwitte neer te skryf en my ten volle te verbind tot my doel is ‘n groot uitdaging en dan om natuurlik met ‘n program voor ‘n dag te kom tussendeur die afrigting sodat ek daardie doelwitte kan bereik, is nog moeiliker." Oor vrouerugby se toekoms, is sy baie positief. "Vroue het die afgelope jaar goeie talent geopenbaar en ek is baie opgewonde oor ons toekoms." Sunelle se gunsteling-rugbyspeler is Werner Kok, wat vir die Suid-Afrikaanse Blitsbokke speel. "Sy werksetiek op en van die veld, asook op die bal is een groot inspirasie. Ek het die voorreg gehad om daagliks langs hulle te oefen. Dit is indrukwekkend om te sien hoe hard hy oefen op die veld en ook as niemand kyk nie."
Lees binne • Silinders afgeskakel • Op 'n Stasiefees in beeld • Inskrywings oop vir Amarider